BRT-staking duur voort
2010-05-10 23:42
Pretoria – Die Rea Vaya-snelbusdienste (BRT) se werkers sal aanhou met hul staking in Johannesburg totdat die stad aan die bestuurders se vereistes oor, onder andere, unie-lidmaatskap voldoen.
Die BRT het Maandagoggend tot stilstand gekom en was nie in werking nie weens ‘n vakbond-dispuut by die busmaatskappy se hoofkantore.
Die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu) sê die werkers se vereistes is “maklik om te bereik”.
“Hulle dring daarop aan dat hulle deel van Samwu vorm. Hulle wil ook onder die plaaslike regering se sektor val,” het Tahir Sema, Samwu-woordvoerder, gesê.
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.