BP-brandstofwa slaan aan die brand
2009-10-24 08:03
‘n BP-brandstof-tenkwa wat sowat 47 000 liter brandstof vervoer het, het vroeg Saterdagoggend in Dainfern, Johannesburg aan die brand geslaan.
Edna Mamonyane, woordvoerder van die Johannesburgse metro-polisie het gesê niemand het tot dusver tydens die voorval enige beserings opgedoen nie, maar die vragmotor langs die R511-snelweg staan, is steeds onder vlamme.
William Nicol en- Erlingstraat is tans gesluit vir verkeer.
Percy Morokane, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste het gesê die bestuurder van die vragmotor het ‘n harde slag gehoor toe hy by ‘n bult op beweeg het. Hy het agtergekom die voertuig begin spoed verloor voordat hy besef het die tenkwa is aan die brand.
Die tenkwa het brandstof vanaf die BP-depot in Pretoria vervoer toe dit aan die brand geslaan het.
Die vlamme op die tenkwa is deur brandbestryders in bedwang gebring, maar is egter steeds op die toneel besig om die vlamme op die sleepwa onder beheer te bring, het Morokane gesê.
Omgewingkenners was ook op die toneel om die skade te ondersoek. Brandstof het in die omliggende gebiede versprei, asook in die nabygeleë Jukskeirivier.
Die R115 se rybane het ook ernstige skade opgedoen.
-Sapa