Audi R8 gaan motorwagte duur kos

2010-01-19 08:26
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die peperduur sportmotor wat motorwagte hier persent gekry het, gaan die wagte meer kos as wat dit hulle in die sak gaan bring.

’n Allemintige jaarlikse versekeringsbedrag van meer as R60 000 sowel as duur brandstofonkoste is hul voorland.

Die agt motorwagte by die kabelkarstasie op Tafelberg het verlede week ’n splinternuwe Audi R8 5.2 en R20 000 kontant by die sakeman Rob Taylor van Howick in KwaZul­u-Natal gekry.

Hulle samel sedertdien geld in vir behoeftiges.

Versekering van die motor kan gemiddeld 3% van die totale waarde beloop.

Die Audi is in Desember verlede jaar vir R2,03 miljoen gekoop.

Die wagte moet dus ’n verdere R5 075 per maand vir versekering opdok.

Martin Nahimana, een van die motorwagte, het gesê hulle maak net sowat R400 per week uit skenkings van die publiek deur ’n gleufie wat in die motor se bakwerk aangebring is. Dié geld word vir liefdadigheid geskenk.

’n Ligpuntjie is dat die motor vry van kapitaalwinsbelasting is. Die Angel’s Way Trust, die geregistreerde eienaar van die voertuig, sal wel ’n verdere skenkingsbelasting van 20% van die waarde van die voertuig moet opdok, volgens Chemus Taljaard, ’n belastingkundige van Werksmans Belasting.

Die trust moet dus ’n totale belastingbedrag van R406 000 per jaar opdok.

Volgens David Percival, ’n handelaar van Audi Kaapstad, beloop die diens van die motor sowat R2 000 per diens. Die motor moet elke 30 000 km gediens word.

Marnus Hattingh, redakteur van MotorBurger, het gesê “teen 16,5 l per 100 km is die motor se petrolverbruik swaar – as jy ligvoets ry. In die stadsverkeer sal die verbruik maklik tot bokant 20 l per 100 km styg.”

Hy het gesê die gemiddelde verbruik van ’n gewone motor is 10 l per 100 km.

Die motor se 90 l-tenk sal tans byna R700 kos om vol te maak.

Hattingh raai die bestuurder van só ’n sportmotor aan om ’n gevorderde bestuurskwalifikasie te hê omdat dié tipe sportmotor vinniger versnel en skerper rem as ’n standaard voertuig.

“Die onervare bestuurder kan dus makliker beheer verloor sou hy te gou vetgee om ’n draai.

“Om só ’n motor se potensiaal te benut, moet jy ’n gevorderde bestuurskursus agter die blad hê. Dit kos meer as R1 000 vir so ’n kursus,” het Hattingh gesê.

’n Plaaslike duikklopper het gesê die motor se voorbande kos sowat R5 000 elk, terwyl die agterbande tot R10 000 per band kan bedra.

’n Prokureur het gesê die motorwagte kan wel die motor verkoop, maar aangesien dit in die trust se naam geregistreer is, moet die trust se samewerking hiervoor verkry word.

Die motor is sedertdien van Tafelbergweg na Kampsbaai verskuif.

- Die Burger
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: liefdadigheid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
33 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

adoons.weber.9 sê... Shhhh Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2008
R 94,990.00

NISSAN

X-Trail 2.0 4x2 MY06
2006
R 152,000.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.