Arbeidswet beskerm korrupte amptenare

2010-01-29 06:13
Tweets Share Share line Print

Lizel Steenkamp

Kaapstad. – Arbeidswetgewing belemmer die regering om korrupte staatsamptenare te dissiplineer of af te dank.

Dié erkenning van twee senior staatsamptenare wat gister voor die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) verskyn het, het opnuut die aandag op die land se arbeidswette gevestig.

Willie Hofmeyr, hoof van die spesiale ondersoekeenheid wat korrupsie en wanbestuur in die staatsdiens oopvlek, het agterna aan Die Burgergesê dis hoog tyd dat die regering dié wette hersien.

“Ek het geen konkrete voorstelle nie, maar huidige wetgewing maak dit uiters moeilik om doeltreffend met tugsake te handel.”

Volgens hom is dit veral ’n probleem in gevalle waar ingewikkelde korrupsiesake van reuse-bedrae ter sprake is. “Senior advokate word betrek en die kans op sukses is uiters beperk.”

Die eenheid het die regering in die 2008-’09-boekjaar bykans R5,2 miljard gespaar deur korrupsie oop te vlek en geld van staatsamptenare te verhaal.

Hofmeyr het gesê sy grootste frustrasie is dat die regering korrupte staatsamptenare dikwels nie vervolg wanneer sy eenheid korrupsie oopvlek nie.

“Van dié sake is baie ernstig, maar daar is geen optrede nie. Die regering se vermoë om tugstappe te doen is in sommige gevalle regtig beperk en dit is ’n swak punt wat dringend aandag verg.”

Hy het voorgestel dat ’n sentrale eenheid binne die departement van staatsdiens en administrasie gestig word om ernstige korrupsieklagte te dryf, eerder as om dit aan provinsiale regerings oor te laat.

Ook Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van korrektiewe dienste, het gister aan Skoor-lede gesê arbeidswetgewing verhoed departemente om tugstappe spoedig af te handel of amptenare af te dank. “Dis die penarie waarin ons is weens wetgewing wat ons self in plek gesit het.”

Mapisa-Nqakula het verwys na die tugondersoek wat in Julie verlede jaar gedoen is teen me. Xoliswa Sibeko, nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, nadat sy maande lank ’n peperduur huis in Pretoria op staatsonkoste gehuur het terwyl ’n ampswoning beskikbaar was. Sibeko is egter in Desember op al die klagte vrygespreek.

Die eenheid het tans 550 ondersoekbeamptes.

- Die Burger

Lees meer oor: korrupsie

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Cosatu, seg wie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Hilux 2.7 Raider LWB VVT-i RB PU MY05
2007
R 184,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.