Apteker raaiselagtig voor sy huis vermoor

2010-07-24 10:50
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - ’n Geliefde apteker van Vredenburg is in raaiselagtige omstandighede voor sy huis vermoor.

George Diederik (Angel) Engelbrecht (63), mede-eienaar van die Weskem Alpha Pharm, is Donderdagaand voor sy huis geskiet.

Hy het omstreeks middernag van ’n eetklub af teruggekom en was besig om die potte en panne waarmee hy gekook het
uit sy voertuig na sy huis te dra.

Sy seun, George Engelbrecht jr. (24), het hom gehelp om die motor af te laai en was in die huis in Van Linschotenstraat toe sy pa vermoor is. “My pa het uit die huis geloop toe ek sien hoe twee koeëls hom tref.

“Hy het na die gang gestrompel en inmekaargesak. Ek het gehoor hoe die aanvallers by die huis inkom en ek het ’n middeldeur na die res van die huis toegemaak.

“Ek weet nie wat verder gebeur het nie,” het Engelbrecht gesê. “My pa gaan ’n groot leemte laat.”

’n Ambulans is ontbied, maar Engelbrecht het op die toneel gesterf. Albei koeëls het hom in die linkerbors getref.

’n Koeëldoppie is in die huis gekry. Gister is nog twee buite die huis opgespoor. Sover bekend is niks uit die huis gesteel nie.

Volgens sy vennoot, mnr. Ben van Heerden, was Engelbrecht baie lief vir mense. Hy het ook die Argus-fietstoer tien keer voltooi.

“Engelbrecht was ’n bekende karakter in die dorp en baie toegewyd aan sy beroep. Hy het veral van die buitelewe gehou en was ’n groot Blou Bul-ondersteuner.”

Volgens Van Heerden het hy baie uitgesien na sy aftrede en veral om bietjie rustiger te raak. Hy het die aand van sy dood stampmielies en ertjiesop vir die gaste by die Dikvreet-etensklub gekook.

’n Emosionele Wendy Augustyn, ’n administratiewe klerk by die apteek, het gesê hy was ’n wonderlike baas. “Almal by die werk is baie geskok. Dit gaan ’n groot impak op ons almal hê.”

Die Weskem Alpha Pharm bestaan al 30 jaar en Engelbrectht was 18 jaar lank ’n mede-eienaar.

Hy word ook oorleef deur sy vrou, Erna, ’n onderwyser by die Laerskool Vredenburg, en nog ’n seun, Phillip (30).

Volgens kapt. Thembela Mgudlwa, woordvoerder van die Verdenburg-polisiekantoor, word ’n saak van moord ondersoek.

“Daar is tans geen verdagtes nie, maar ons is besig om verskeie leidrade op te volg.”

Enigeen met inligting kan ao. Stoney Steenkamp by 073 160 8666 of 022 703 6440 bel.  

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: moorde  |  misdaad

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Cosatu, seg wie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Beauty Sales Consultants Wanted

Hyde Park, Sandton 2196, South Africa
UDM International (Pty) Ltd
R8000 - R26000

Manager Human Capital Tax (Expatriate tax)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Manager Africa Tax Coordination Services

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Hilux 2.7 Raider LWB VVT-i RB PU MY05
2007
R 184,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.