Appèl van geskorste gay predikant sloer

2010-02-17 08:54
Tweets Share Share line Print

Neels Jackson

Pretoria - ’n Gay predikant van die Metodistekerk is uit haar kerk geskors omdat sy met haar lewensmaat getrou het.

Eerw. Ecclesia de Lange, wat die Brackenfell- en Windsor Park-gemeentes in Kaapstad bedien, wag nou langer as ’n week om te hoor oor haar appèl teen die skorsing.

Sy het in ’n stuk wat op haar ondersteunersgroep se bladsy op Facebook geplaas is, geskryf: “Ek het by die punt gekom waar ek nie langer stil kan wees nie. Ek het tot die insig gekom dat dit beter is om veroordeel te word vir wie ek is as om aanvaar te word vir wie ek nie is nie.”

De Lange het in die stuk vertel hoe sy haar seksuele oriëntasie probeer ontken het. Tydens haar opleiding in die Metodistekerk het sy egter ontdek sy kan die Bybel lees op ’n manier wat met haar oriën­tasie versoen kan word.

Sy het vrede gemaak met haarself en later iemand ontmoet met wie sy haar lewe wou deel. In Desember is hulle getroud en De Lange het haar stilswye oor haar seksuele oriëntasie verbreek.

Sy is in Januarie egter skuldig bevind daaraan dat sy die kerk se reëls met haar gay huwelik verbreek het, en is geskors.

De Lange het geappelleer teen die skorsing en dit is verlede week aangehoor. Teen Dinsdagmiddag was die bevinding egter nog nie bekend nie.

De Lange, wat belet is om met die media te praat, het op Facebook gesê sy hoop om God as ’n Metodis te dien en aanvaar te word vir wie sy is.

- Die Burger

Lees meer oor: kerk

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Heidi sê... WARE WOORDE!!!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Exec Multitronic
2005
R 165,000.00

BMW

120i (E87)
2005
R 172,900.00

TOYOTA

Corolla 140i GLE MY05
2008
R 146,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.