Anni se familie 'bly' oor uitleweringsbevel

2011-09-28 22:55
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Anni Dewani se familie is “bly” dat die Britse minister van binnelandse sake ‘n uitleweringsbevel onderteken het vir Shrien Dewani om in Suid-Afrika verhoor te word vir die moord op sy vrou, het die Verenigde Koninkryk se Persvereniging Woensdag berig.

“Ons het dit verwag, maar ons het nie verwag die besluit sou so vroeg kom nie,” het Anni se oom, Ashok Hindocha, gesê.

“Dit wys dat die stelsel uiteindelik werk en ons is bly hierdie kan nou tot ‘n punt van afsluiting kom.”

Die familie het verlede week ‘n petisie aan die departement van binnelandse sake oorhandig, waarin hulle by die minister gepleit het om seker te maak Dewani word uitgelewer.

Die familie het gesê die verhoor van Dewani is die enigste manier waarop hulle die antwoorde kan kry wat hulle nodig het.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Suid-Afrika het vroeër gesê Dewani sal 14 dae hê om appèl aan te teken, indien hy sou wou.

‘n Londense regter het op 10 Augustus beslis Dewani kan aan Suid-Afrika uitgelewer word.

Hy word daarvan beskuldig dat hy die moord op sy vrou gekoördineer het terwyl hulle met hul wittebrood verlede November in Kaapstad was. Hy beweer hulle is gekaap.

Met sy terugkeer na die VK is hy in ‘n fasiliteit opgeneem om vir post-traumatiese stres behandel te word. Sy verdediging het ook gesê hy is te siek om te reis.

Xolile Wellington Mngeni, Mziwamadoda Lennox Qwabe, die taxibestuurder Zola Robert Tongo en Monde Mbolombo is almal tydens die ondersoek in hegtenis geneem.

Tongo dien reeds gevangenisstraf uit ná hy ‘n pleitooreenkoms aangegaan, getuig het en gevonnis is.

Mbolombo het staatsgetuie geword en sal getuig in die verhoor van Mngeni en Qwabe.

- Volg Nuus24 op Twitter



 

- SAPA

Lees meer oor: shrien dewani  |  anni dewani

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

adoons.weber.9 sê... Shhhh Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2008
R 94,990.00

NISSAN

X-Trail 2.0 4x2 MY06
2006
R 152,000.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.