Anika-moord: Talle betoog teen borgtog

2010-05-19 06:11
Tweets Share Share line Print

Hilda Fourie, Die Burger

Pretoria - Tientalle mense, geklee in rooi, sal na verwagting Woensdag na die landdroshof in Pretoria-Noord opruk waar ’n verdagte in verband met Anika Smit se dood sal verskyn.

Nico Venter (21), glo Anika (17) se gewese kêrel, sal in dié hof teregstaan op ’n aanklag van moord nadat hy Maandag in sy woonstel by die Carousel-casino, noord van Pretoria, in hegtenis geneem is.

Anika is meer as twee maande gelede in haar ouerhuis in Theresapark in die noorde van Pretoria vermoor. Haar hande is ook afgesny.

“Die gemeenskap vra dat hy (Venter) nie op borgtog vrygelaat word nie en dit is hoekom ons dié aksie reël,” het rdl. Dana Wannenburg van die Tshwane-metroraad gister gesê.

Volgens Wannenburg sal dit in die verdagte se eie belang wees omdat sy lewe weens die woede onder die gemeenskap moontlik in gevaar kan wees.

Dié optrede sal met Solidariteit se nasionale dag van protes teen misdaad saamval.

Volgens Wannenburg wys Venter se hofverskyning presies waaroor dié dag gaan – om die klem te plaas op misdaad wat Suid-Afrikaners bekommerd het.

“Ons wil hê mense moet bewus wees van hoe erg die misdaad is sodat dit wat met Anika gebeur het nie met jou ma of pa of enigiemand na aan jou gebeur nie.”

Die mense sal in die parkeerterrein oorkant die hof bymekaar kom. ’n Verteenwoordiger van die Pretoria-Noord-polisiekantoor sal dan daar ’n memorandum van die gemeenskap ontvang.

’n Soortgelyke memorandum sal ook aan verskeie polisiekantore in 312 dorpe in Suid-Afrika oorhandig word.

Die grootste aksie van dié dag sal by die Harlequins-klub in Totiusstraat in Groenkloof, Pretoria, plaasvind. Mense sal ook die geleentheid kry om kranse te lê vir slagoffers van misdaad.

- Die Burger

Lees meer oor: anika smit  |  betogings  |  moorde

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

adoons.weber.9 sê... Shhhh Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2008
R 94,990.00

NISSAN

X-Trail 2.0 4x2 MY06
2006
R 152,000.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.