Amptenare vroetel lustig in staatskas

2010-09-12 10:20
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die staatsdiens kan lamgelê word as al die amptenare afgedank word wat betrokke is by bedrog met welsyntoelae.

Dit kom neer op sowat 8% van alle staatsdiensamptenare. Gevolglik het die staatsdienskommissie aanbeveel dat dié amptenare net finale skriftelike waarskuwings kry.

Meer as 15 000 amptenare is reeds hieroor aan bedrog skuldig bevind en nóg duisende gaan vervolg word.

Die hoof van die spesiale ondersoekeenheid (SOE), adv. Willie Hofmeyr, het aan Rapport bevestig dat sy eenheid 96?000 amptenare geïdentifiseer het wat by bedrog betrokke is.

Dié ondersoek is nog net op nasionale en provinsiale vlak gedoen. Plaaslike regerings en staats­agentskappe moet nog bekyk word.

Die SOE ondersoek korrupsie en wanbestuur in die staatsdiens en stel siviele gedinge in om verliese te herwin.

“Hierdie soort bedrog is baie ernstig en kom oral voor,” sê Hofmeyr. “Toe ek hierdie ondersoek begin het, het ek nooit gedink die syfer gaan só hoog wees nie.”

Die veroordeelde amptenare het pleitooreenkomste met die nasionale vervolgingsgesag aangegaan en skuldig gepleit op aanklagte van bedrog. Hulle moet die gesteelde geld met rente aan die staat terugbetaal.

Hofmeyr sê hy het sedert 2006 die uitslae van meer as 10 000 dissiplinêre sake aan verskeie staatsdepartemente oorhandig.
Hieronder was 945 lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD).

Kol. Vishnu Naidoo, polisiewoordvoerder, sê sowat 350 polisielede het finale skriftelike waarskuwings ontvang, terwyl ander se “afdankings met ses maande opgeskort is”.

Dr. Johan Burger, senior navorser by die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS), sê dit is “ontstellend” dat polisiebeamptes wat bedrog gepleeg het, toegelaat word om in die mag te bly.

Lt.genl. Bonang Mgwenya, uitvoerende hoof in die kantoor van die nasionale polisiekommissaris, sê die dissiplinêre verhore is in kategorieë ingedeel en “in groepe” afgehandel.

“Sommige het skriftelike waarskuwings gekry en sommige het opgeskorte afdankings ontvang. Dié proses is voorafgegaan deur besluite en riglyne van die staatsdienskommissie,” sê Mgwenya.

Die SAPD se lt.genl. Gary Kruser sê die staatsdienskommissie het op finale skriftelike waarskuwings besluit “omdat daar so baie mense betrokke is en hulle soveel mense sal moet afdank”.

Die meeste van die veroordeelde amptenare werk in die departemente van gesondheid en onderwys oor die land heen.

Hulle het onder meer kinderonderhoudstoelae, pleegsorgtoelae en ouderdomspensioene ontvang waarop hulle nie geregtig was nie.

Hofmeyr sê die SOE ondersoek tans verskeie gevalle van bedrog rondom ongeskiktheidstoelae.

Hy sê ondersoeke na hierdie soort bedrog is baie moeiliker en tydrowend omdat nie net amptenare nie, maar ook misdaadsindikate en korrupte dokters betrokke is.

Die SOE ondersoek ook massiewe bedrog met behuising waarby miljarde rand betrokke is. Hofmeyr en sy ondersoekers het 20 verdagte behuisingskontrakte geïdentifiseer.

Minstens 7 000 amptenare is ondersoek omdat hulle glo onwettig behuisingsubsidies ontvang het. Minstens 900 amptenare is vasgetrek en die meeste is aan bedrog skuldig bevind.

Pres. Jacob Zuma het onlangs die SOE opdrag gegee om ondersoek na bedrog en korrupsie in sewe nasionale en provinsiale departemente in te stel.

Die SOE het 550 personeellede, waarvan 450 operasionele lede is. Hofmeyr wil nog 100 lede aanstel om te help om bedrogsake te ondersoek.

“Korrupsie is werklik baie, baie ernstig en as ons dit nie nou in die kiem smoor nie, gaan dit handuit ruk.” 

- Rapport

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

adoons.weber.9 sê... Shhhh Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2008
R 94,990.00

NISSAN

X-Trail 2.0 4x2 MY06
2006
R 152,000.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.