Amor weier om bevel teen Joost te laat vaar

2010-08-18 06:44
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Johannesburg - Amor Vittone weier om die beskermingsbevel wat sy teen Joost van der Westhuizen gekry het, terug te trek.

“Amor is nie ’n impulsiewe persoon nie. Sy sal nie sommer ’n interdik teen Joost kry vir geen rede nie. Sy het goeie rede daarvoor,” het Claudio Bollo, Amor se prokureur, Dinsdaggesê.

Hy wou nie kommentaar lewer oor wat moontlik tot die bevel gelei het nie.

Joost, wat volhou hy’s nog lief vir Amor en hul kinders, se prokureur, Robert Klinkenberg, het Dinsdag bevestig hulle gaan ’n hofaansoek bring om die bevel tersyde te stel.

“Ons behoort Donderdag of Vrydag die aansoek te bring.” Intussen sou hulle wag om te hoor of Amor dié aansoek gaan terugtrek, maar sy weier.

Ingevolge ’n klousule in die bevel mag die inhoud daarvan nie aan die pers geopenbaar word nie, het albei prokureurs bevestig.

Joost en Amor is in Mei uitmekaar. Hy het haar onlangs vir ’n egskeiding gedagvaar, na bewering oor ’n derde party.

“Net omdat hy die een is wat dagvaar, beteken nie sy gronde vir die egskeiding is die waarheid óf geldig nie,” het Bollo gesê. “Amor kon al drie maande gelede (toe die glans­egpaar uitmekaar is) dagvaar vir ’n egskeiding.”

Hy het aangedui hy gaan Joost se aansoek teenstaan.

Volgens Bollo het Amor ’n besluit geneem om die besonderhede van die egskeiding so privaat moontlik te hou “om Joost en hul kinders te beskerm”.

Die beskermingsbevel belet Joost nie om sy kinders te sien nie. “Die interdik stop Joost glad nie om ’n pa vir sy kinders te wees nie. Dis iets waaroor Amor baie sterk voel. Hy mag hulle nog sien. Omdat hulle by haar woon en skoolgaan, is daar uit die aard van die saak sekere tydsbeperkinge,” het Bollo gesê.

Klinkenberg het ook bevestig Joost mag sy kinders sien, “maar dis baie beperk”.

Joost self het aangedring die egskeiding “is privaat”. 

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
37 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Riekie sê... Innige simpatie met hierdie familie!! Mag hulle net krag van Bo ontvang om hulle deur die hartseer tydperk te dra. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Apple developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Senior BI programmer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 229,900.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2009
R 129,995.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr MY07
2007
R 89,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.