Amichand Rajbansi sterf
2011-12-29 13:19
Durban - Die leier van die Minority Front, Amichand Rajbansi, wat die bynaam die "Bengaalse Tier" gehad het, is Donderdag dood, het ‘n familiewoordvoerder gesê.
“Hy het vandag (Donderdag) om 10:10 aan natuurlike oorsake gesterf,” het Patrick Pillay gesê.
Hy is in Oktober in Durban se Umhlanga-hospitaal opgeneem met brongitis.
Dokters het gesê daar was 'n geringe verbetering in sy toestand, maar hy het baie stadig gevorder.
Die omstrede leier was bombasties en dikvellig en het ‘n merk gelaat in Suid-Afrika se politiek wat onthou sal word.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA