Amerikaanse tiener vermis in Kaap
2010-06-13 08:30
Johannesburg – ‘n 16-jarige Amerikaanse toeris het vermis geraak by die Cavendish Square winkelsentrum in Claremont, het polisie in die Wes-Kaap Sondag gesê.
Die tiener, wat as Sophia Lopez-Leyland geïdentifiseer is, is Saterdagaand laas gesien, geklee in ‘n swart denim met ‘n wit en grys baadjie met ‘n kappie, het kapt. Angie Latchman gesê.
Sy het Sophia as ‘n Afro-Amerikaanse meisie beskryf met ‘n medium lengte en bou en skouerlengte bruin hare.
Sy het bygevoeg dat Lopez-Leyland ook ‘n kenmerkende ringetjie deur haar onderlip het.
Op beeldmateriaal van die sentrum se CCTV-kameras kan gesien word hoe sy die sentrum verlaat deur Vineyardweg en sy is nie weer sedert dit gesien nie.
“’n Soektog is onmiddellik geloods by alle nagklubs en winkelsentrums in die onmiddellike area van Claremont,” het Latchman gesê.
Enigeen met inligting oor Sophia kan sers. Mintoor op 021 657 2252 of Crime Stop by 08600 10111 kontak.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA