Amerikaanse seun val tot sy dood op Tafelberg
2010-06-13 12:42
Kaapstad – ‘n Amerikaanse familie wat in Suid-Afrika is vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi is in rou gedompel nadat hul 14-jarige seun Saterdag tot sy dood geval het op Tafelberg.
Die seun en sy 10-jarige broer het saam met hul ouers by Skeleton Gorge afgekom. Hy het glo oorgeleun om na ‘n waterval te kyk, toe hy gegly en sowat 10 meter tot op die basis van een van die houtlere geval het.
Die familie, wat van Houston, Texas is, wil anoniem bly totdat hul familie in Amerika van die tragedie ingelig is.
Lees meer by iol
Volg Nuus24 op Twitter