Ambulanse moet tolgeld betaal by Chapmanspiek

2012-01-17 11:01
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die mediese direkteur van Cape Medical Response het gehoor dat sy ambulanse tolgeld moet betaal as hulle Chapmanspiek-rylaan gebruik – ongeag of daar ‘n noodgeval is, het die Cape Times Dinsdag berig.

Alan Walters het aan die koerant gesê hy was stomgeslaan toe hy uitvind dat ambulanse nie as ‘n uitsondering gesien word nie.

“Dis ongelooflik, regtig nonsens,” het hy gesê.

“Ek praat nie daarvan om na ‘n vergadering te gaan in ‘n reaksiemotor nie, ek praat van ‘n ambulans met flitsende ligte en ‘n kritieke pasiënt agterin.

“Dit het gebeur terwyl die ouens op roep was en hulle ‘n oproep ontvang het om na Houtbaai te gaan om ‘n pasiënt in ‘n noodgeval na Constantiaberg te vervoer.

“Hulle is by die tolhek gestop en moes rondkrap om geld bymekaar te kry om die tolgeld te betaal,” het Walters gesê.

Die voorval het verlede maand plaasgevind.

Walters het aan Rob Pomario, direkteur van Entilini-padoperateur, geskryf, om te vra dat ambulanse kwytgeskeld kan word van tolgelde wanneer hulle ‘n mediese noodgeval het “sodat waardevolle sekondes gespaar kan word”.

“Al ons voertuie kan onmiddellik geïdentifiseer word, met naamborde en noodligte,” het hy geskryf.

Pomario het teruggeskryf om te sê hy kan nie die ambulanse kwytskeld van tolgelde nie.

Hy het voorgestel dat die ambulanse "alyd los kontant by hulle het om enige vertragings te voorkom”.

“’n Alternatief is om met ons operateur te gesels oor ons gereelde gebruiker fasiliteit.

“Die staatskoerant is baie duidelik oor watter voertuie as noodvoertuie geag moet word,” het Pomario geskryf.

Walters het aan die premier van die Wes-Kaap, Helen Zille, geskryf om te sê sy ambulansdiens word nie kwytgeskeld van tolgelde wanneer dit op noodgevalle reageer nie.

“Dit beteken oproepe van lewe en dood. U opinie sal waardeer word.”

Walter het gesê die premier se kantoor het teruggeskryf om te sê die kantoor sal tot middel Januarie gesluit wees en hy het sedertdien nog niks gehoor nie.

– Volg Nuus24 op Twitter

 

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
33 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

adoons.weber.9 sê... Shhhh Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2008
R 94,990.00

NISSAN

X-Trail 2.0 4x2 MY06
2006
R 152,000.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.