Amanzimtoti-ontploffing: R60 milj. skade
2009-10-26 17:01
Johannesburg - Die koste van die ontploffing wat Sondag by 'n houerhawe in Amanzimtoti plaasgevind het, sal meer as R60 miljoen beloop.
Meer as 70 staalhouers en rondom 100 verkoelde houers is beskadig. Die totale onkoste sal oor die R60 miljoen beloop, het 'n woordvoerder vir die SATI, Jayson Naidoo, Maandag gesê.
Vier mans is beseer toe 'n 23 000 liter olietenk by die SATI-houerhawe in die Ezimbokodweni industriële gebied in Amanzimtoti ontplof het.
Die oorsaak van die ontploffing is nog nie bekend nie.
Jeff Wicks, 'n woordvoerder van Netcare-nooddienste, het gesê een van die mans het brandwonde aan sy gesig en bene opgedoen en is in die hospitaal opgeneem vir verdere behandeling.
- Sapa