'Alles onder beheer by myne' – NUM
2012-09-14 23:00
Rustenburg – Die land se grootste mynwerkersvakbond, die Nasionale Unie van Mynwerkers (NUM), het ontken dat hy beheer oor die arbeidsmag van die land se myne verloor het.
“Ek dink nie ons het beheer oor die situasie by die myne verloor nie. Die geweld en intimidasie laat ons lede bang en onveilig voel,” het Peter Bailey, die vakbond se gesondheids- en veiligheidsvoorsitter, gesê.
Hy het bygevoeg dat Lonmi se Marikana-myn 27 000 werknemer het en dat net 3 000 van hulle by die Wonderkop- informele nedersetting staak.
Aquarius se Kroondal-platinummyn het vroeër Vrydag die vierde myn geword om sy bedrywighede te staak.
NUM se nasional uitvoerende komitee het in Johannesburg vergader om die situasie te bespreek.
Adjunk-president Kgalema Motlanthe was deel van die vergadering.
NUM het sy lede aangeraai om by die huis te bly, het Bailey gesê.
“Ons lede se veiligheid kan nie verseker word nie, so ons het hulle aangemoedig om liewer by die huis te bly.”
Frans Baleni, NUM se sekretaris-generaal, het gesê dat hul lede hulself wil bewapen vir hulle eie veiligheid.
Altesaam 45 mense is sedert die begin van die stakings dood.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA