Alle skole het probleme met geweld, sê skoolhoof

2011-08-31 08:59
Tweets Share Share line Print

Welkom – Skole moet dit maar erken, almal het probleme met geweld, niemand is te “grand” daarvoor nie.

Só sê Gunter Henrichs, skoolhoof van die Hoër Tegniese Skool in Welkom.

Hy en ander Welkomse skoolhoofde het by navraag van Volksblad oor geweld in skole gereageer na aanleiding van die video van twee skoolmeisies van die Goudveld-Hoërskool wat handgemeen geraak het.

Gert Viljoen van die Hoërskool Riebeeckstad sê hy wil weet waar is die ouers. “Hoekom moet skoolhoofde pa staan vir kinders se optrede?

“Ons het lanklaas ’n ernstige voorval by die skool gehad waar kinders in ’n bakleiery was, maar ons probeer altyd om die rede vir die konflik uit te skakel.

“Die dinge moet terug na die kinders se huise gevat word. Ouers moet opgevoed word. Kinders word op soveel terreine aan geweld blootgestel. Hulle moet geleer word hoe om konflik te hanteer.”

Viljoen sê meisies is geneig om mekaar meer verbaal aan te val en dit gebeur nie sommer op die skoolterrein dat twee meisie mekaar slaan nie.

Hy laat nie selfone in sy skool toe nie.

Heinrichs sê kinders word nie engeltjies wanneer hulle by ’n skoolhek instap nie. “Bakleiery is nie ’n nuwe ding nie, maar die neem van selfoonvideo’s blaas die ding aan.

“In al die chaos rondom ons, probeer ons kinders op die regte pad hou. ’n Mens kan egter nie altyd oral wees nie.”

Hy sê voorvalle van geweld reflekteer sleg op die gemeenskap. “Ons skors nie sommer ’n kind nie, maar ons maatskaplike ondersteuningstelsel daarbuite is besig om in duie te stort.”

Rudolf Cloete, skoolhoof van Welkom-Gimnasium, sê bakleiery tussen seuns kom nog al die jare voor en word volgens die skool se gedragskode hanteer.

“Ek het al voorvalle gehad waar een meisie ’n ander een geklap het en die ouers is ingeroep en die probleem opgelos.”

Hy sê in sy ervaring vind die rede vir skoolbakleiery gewoonlik buite die skool plaas.

Kallie Scott, skoolhoof van Goudveld-Hoërskool, het gister sy stilswye ná die berig oor die video waar twee skoolmeisies baklei, in ’n brief aan Volksblad verbreek.

Hy wei onder meer oor die skool se prestasies uit. “Vir jare is ons skool op veral akademiese gebied die toonaangewende skool in Lejweleputswa en was die voorbladdekking van ’n negatiewe insident in ons skool seker te wagte. Ons betreur die voorval aangesien dit die waardigheid van ons skool en in besonder die van ons pragtige, welopgevoede leerders aantas. Natuurlik is die gedrag van die betrokke leerlinge onaanvaarbaar en sal ons dit volgens die skool se gedragskode hanteer.”

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: skole

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

adoons.weber.9 sê... Shhhh Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2008
R 94,990.00

NISSAN

X-Trail 2.0 4x2 MY06
2006
R 152,000.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.