Alle kleure boude nou welkom by kaal-oord

2010-07-03 09:49
Tweets Share Share line Print

Die kaalbaskoning Beau Brummel, eens ’n voorstander van “slegs blankes”-naturisme-oorde, blaas die horing vir ’n nie-rassige Suid-Afrika – danksy die gees van WB 2010. (Brendan Croft, Rapport)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Rapport

Bronkhorstspruit – Wie sê nog die Wêreldbeker-sokker het nie sy deel vir nasiebou gedoen nie?

Ná jare se aandrang dat slegs blanke boude by sy oorde gesien sal word, het die kaalbaskoning Beau Brummel die afgelope week aangekondig hy sal voortaan saam met Suid-Afrikaners van enige kleur kaal paradeer.

En wat het dié gemoedsommeswaai teweeggebring?

“Noudat ek gesien het hoe lekker wittes en swartes by die sokker meng, het ek besluit dit is die rigting om in te slaan. Geen meer ‘slegs blankes’ vir my nie,” vertel Brummel met sy vuvuzela in sy hand in sy agterplaas in Bronkhorstspruit.

“Nou is ek gelukkig. Ek wil net op hierdie ding blaas en kaal die berge invaar.”

So begeesterd is Brummel dat selfs sy beplande nuwe oord in die Drakensberge – waar kaalbasse vanaf September gaan kuier op die einste plek waar die Voortrekkers gedreig het om kaalvoet oor die kruin te kom – vir alle rasse oop sal wees.

“En as dit enigiemand omkrap om swart mense kaal te sien, kan hulle maar wegbly,” sê Brummel.

Die koning van Suid-Afrikaanse naturisme was deur die jare gereeld in die nuus oor die omstrede rassebeleid van sy nudisme-oorde. Hoewel hy vertel dat hy aanvanklik progressiewe waardes aangehang het, het sy planne om Beau Valley – sy aanvanklike oord naby Warmbad – vir alle rasse oop te stel, tot ’n botsing met aandeelhouers gelei wat hom uiteindelik dié oord gekos het.

Daarna het Brummel besluit om nie-rassigheid sy stertkant te wys. By ’n latere oord waar hy betrokke was, Jane’s Jungle in die noorde van KwaZulu-Natal, was daar selfs ’n bordjie by die ingang wat gelui het “Slegs blankes”. En in die 1990’s was hy betrokke by pogings om San­dy Bay weer tot wit strand te verklaar.

Nog onlangs wou Brummel ’n naturisme-oord op Orania begin vir oorsese besoekers tydens WB 2010.

“Ek het gedink dit sou heerlik wees – kaalgat, met braaivleis, bier en dr. Hendrik Verwoerd se standbeeld op die agtergrond. Volk en vaderland! Maar Carel Boshoff, die kerke en die Vrouefederasie het my almal teengestaan.”

Nou is Brummel bly dié Orania-planne het nie uitgewerk nie. “Die verwagte 300 000 Europese besoekers vir die Wêreldbeker-toernooi het nie opgedaag nie en die winter is vriesend koud. Dit sou ’n flop gewees het. Totsiens Orania!”

Brummel krap egter kop oor die vraag of sy nuwe ingesteldheid ’n daadwerklike verskil aan naturisme-oorde sal maak.

“Selfs oorsee sien ek die naturisme-oorde trek net wit mense. Miskien het wit mense die son meer nodig.”

- Rapport

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

adoons.weber.9 sê... Shhhh Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2008
R 94,990.00

NISSAN

X-Trail 2.0 4x2 MY06
2006
R 152,000.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.