Alle hel glo los oor Amor se ‘skelmpie’

2010-08-10 07:45
Tweets Share Share line Print


Die Burger

Kaapstad - “Alle hel” het tussen die oud-Springbok Joost van der Westhuizen en sy vervreemde vrou, die sangeres Amor Vittone, losgebars.

Die vyandskap tussen die twee is só erg dat Van der Westhuizen sy twee kinders, Jordan (6) en Kylie (4), ’n week laas gesien het.

“Alle hel het tussen hulle losgebars,” het ’n bron na aan die egpaar gesê.

In nog ’n verwikkeling is dit Maandag aan Die Burger bevestig dat die geheimsinnige derde persoon wat met die egskeiding verbind word ’n man is en dat hy na bewering aan Vittone gekoppel word.

Ondanks bespiegelings die naweek dat Vittone by een of meer Suid-Afrikaanse sangers “aanlê”, is dit Maandag bevestig dat die man nié ’n Suid-Afrikaner is nie. “Hy is ’n buitelander, maar nie ’n Italianer nie.” Vittone is Italiaans.

Van der Westhuizen het tot baie onlangs nog, toe daar sprake was dat die egpaar hul huwelik wil red, sy twee kinders daagliks by die skool gaan aflaai en weer smiddae gaan oplaai.

Dit doen hy nou nie meer nie. Hy sit nie sy voete in die egpaar se spoghuis in Dainfern Valley in Johannesburg nie. Hy en Vittone praat geen woord met mekaar nie. Hy kontak sy kinders net per SMS.

Van der Westhuizen gaan steeds by ’n vriend tuis nadat hy die huis in Mei verlaat het.

Van der Westhuizen se prokureur, Robert Klinkenberg, wou Maandag nie inligting bevestig of ontken wat die bron bekend gemaak het nie.

“Ek kan wel bevestig dat daar ’n derde party in die hofstukke genoem word.

“Joost is baie bekommerd oor sy kinders en die feit dat hy hulle tans nie sien nie.”

Hy het gesê gesprekke sal vandeesweek voortgaan met die oog op ’n skikking.


Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
173 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

adoons.weber.9 sê... Shhhh Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2008
R 94,990.00

NISSAN

X-Trail 2.0 4x2 MY06
2006
R 152,000.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.