Alkoholverbod is dalk motoriste se voorland

2011-09-27 08:02
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Motorbestuurders wat gedrink het, gaan dalk in die nabye toekoms nie toegelaat word om agter die stuurwiel in te klim nie, selfs al het hulle net een drankie agter die blad.

Die regering oorweeg ’n totale alkoholverbod vir motorbestuurders, óf om die alkoholperk van 0,05% tot 0,02% alkohol per 100 ml bloed te verlaag.

Daar gaan ook strenger opgetree word teen bestuurders wat nie hul sitplekgordels dra nie.

Hierdie drastiese plan deur die minister van vervoer, S’bu Ndebele, het ten doel om die getal sterftes op die Suid-Afrikaanse paaie te halveer.

Daar is reeds besluit nuwe bestuurders wat hul rybewyse kry, sal vir ’n tydperk van twee tot drie jaar glad nie mag alkohol drink voordat hulle bestuur nie.

Daar is egter nog nie besluit van wanneer dié reël toegepas gaan word nie, het Gary Ronald, woordvoerder van die Automobiel-Assosiasie, Maandag gesê.

“Dié ‘voorlopige rybewyse’ sal ná die aanvanklike tydperk outomaties in volwaardige rybewyse omgeskakel word as die betrokke persoon in dié tydperk geen oortredings begaan het nie.”

Logan Maistry, woordvoerder van die departement van vervoer, het Maandag gesê: “Op die oomblik is die plan óf dat die bestaande perk verlaag word tot 0,2% alkohol per 100 ml bloed van die bestaande 0,5% óf dat die alkoholperk heeltemal afgeskaf word en dat geen toegewing gemaak sal word nie.

As ’n verbod op enige mate van drink en bestuur ingestel word, sal oortreders in hegtenis geneem kan word en hul rybewyse verloor as hulle dit wel doen.

Maistry het gesê Ndebele is besig om alle relevante partye te raadpleeg om te bepaal of die wetgewing deurgevoer moet word en hoe ver dit moet gaan. “Die minister is doodernstig hieroor.”

Ronald het gesê studies in ander lande het gewys ’n algehele verbod kan padsterftes met tot 30% verminder.

Die Padverkeerbestuurskorporasie sal ’n algehele verbod op drankgebruik ten volle steun, het Ashref Ishmail, woordvoerder, gesê.

“Sulke wetgewing sal ’n reuse-verskil maak.

“Tot 45% van al die noodlottige padongelukke in Suid-Afrika, veral oor naweke, word deur alkoholmisbruik veroorsaak,” het hy gesê.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: alkoholmisbruik  |  alkohol

Lewer kommentaar op hierdie artikel
109 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

adoons.weber.9 sê... Shhhh Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2008
R 94,990.00

NISSAN

X-Trail 2.0 4x2 MY06
2006
R 152,000.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.