Alison: 2 kry dalk parool

2012-01-17 09:01
Tweets Share Share line Print

Twee mans wat Alison Botha verkrag, byna keelaf gesny en vir dood agtergelaat het, kan ná 17 jaar agter tralies dalk binnekort vrygelaat word.

Theuns Kruger en Frans du Toit is in Augustus 1995 tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Ingevolge wetgewing wat in Junie verlede jaar van krag geword het, mag alle gevangenes wat voor 2004 tot lewenslange tronkstraf gevonnis is en reeds 13 jaar en vier maande daarvan uitgedien het, om parool aansoek doen.

Du Toit en Kruger het Botha in Desember 1994 in Noordhoek oorval, verkrag, meer as 30 keer met ’n mes gesteek en 16 keer probeer keelaf sny.

Daarna het hulle haar vir dood in die veld agtergelaat. Hulle het later getuig die dade is in opdrag van die duiwel gepleeg.

Haar hoofslagaar en stembande is nie raak gesny nie, wat haar in staat gestel het om suurstof in haar keel af te dwing.

Sy moes haar derms in haar hemp bymekaar maak en haar kop met haar ander hand op haar lyf hou terwyl sy na die naaste pad gestruikel het.

’n Mediese student het haar langs die pad gewaar en met haar na die Port Elizabeth- provinsiale hospitaal gehaas.

Die volgende oggend het die aanvallers die bebloede messe waarmee hulle Botha aangeval het, gebruik om botter op hul brood te smeer.

Du Toit is in 1995 in die hooggeregshof in Port Elizabeth tot drie keer lewenslange tronkstraf gevonnis, terwyl Kruger ’n lewenslange vonnis weens die aanval op Botha, asook 25 jaar weens ’n aanval op ’n swanger vrou gekry het.

Kruger, wat sy vonnis in Pretoria uitdien, het op 14 Desember voor die paroolraad verskyn en spog volgens ingeligte bronne by mede-gevangenes dat hy binnekort vrygelaat sal word.

Du Toit het volgens me. Puleng Mokhoane, Vrystaatse woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste (DKD), op 10 Januarie in die Grootvlei-gevangenis in Bloemfontein ook “sy storie aan die paroolraad voorgelê”.

Mokhoane het gister gesê dié paroolraad het nog geen voorstelle gedoen nie en sal die “nodige prosedures” volg.

Kruger en Du Toit word as “rooilys”-misdadigers beskou, aangesien Botha steeds leef en ’n belang by hul moontlike vrylating het, maar sy was nie eens van hul verskyning voor die paroolraad bewus voordat die media haar daaroor gekontak het nie.

Botha het reeds verlede jaar aansoek gedoen om teen Kruger en Du Toit se moontlike vrylating te appelleer.

Botha het ’n boek, I Have Life, oor haar ontbering geskryf. Sy is deesdae ’n wêreldbekende spreker.

Sy het gister gesê sy is uiters geskok om van haar aanvallers se moontlike parool te hoor.

“Ek besef nou ek het aan ’n vals sin van sekuriteit vasgeklou en nooit eens die moontlikheid oorweeg dat hulle kan uitkom nie.”

Botha het gesê sy as slagoffer – maar ook die breë publiek – het die reg om te weet of, wanneer en waar gevaarlike misdadigers vrygelaat gaan word.

“Maar ek sál bang wees as hulle uitkom. En ek wil bitter graag deel wees van hul paroolverhoor.”

Sonwabo Mbananga, woordvoerder van die minister van korrektiewe dienste, het gister gesê gevangenes wat lewenslange tronkstraf uitdien, se aansoeke om parool word nie deur paroolrade goed- of afgekeur nie.

Die aansoeke word wel as ’n “administratiewe proses” voor die paroolrade gebring, waarna die paroolraad die voorleggings wat aan hom gedoen is, na die nasionale raad oor korrektiewe dienste (NCCS) verwys.

Die NCCS kyk dan na byvoorbeeld die regter se opmerkings tydens vonnisoplegging, sielkundige verslae oor die gevangene, sy gedrag in die tronk, die programme waaraan hy in die tronk deelgeneem het, sy rehabilitasie en die vaardighede wat hy aangeleer het.

Die NCCS evalueer die inligting en kan dan ’n aanbeveling aan die minister maak. Die minister het alleenreg om te besluit of iemand op parool vrygelaat word.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: alison botha  |  parool  |  verkragtings  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

adoons.weber.9 sê... Shhhh Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2008
R 94,990.00

NISSAN

X-Trail 2.0 4x2 MY06
2006
R 152,000.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.