Ál meer neem hul lewens

2010-07-30 09:22
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Voorvalle van selfmoord in die Vrystaat was die afgelope paar maande buitengewoon baie, sê mev. Amanda Appelgryn, woordvoerder van die Bloemfontein-Medi-Clinic.

“ER24, ons nooddiens-afdeling het die afgelope paar maande minstens vier gevalle per week hanteer.”

Sy sê dit sluit pogings in wat suksesvol en nie suksesvol was nie.

Maandag alleen het hulle drie gevalle gesien.

“Die student wat sianied gedrink het en die vrou wat haarself aan die brand gesteek het, was uiterste gevalle, en van ons personeel was ook daardeur getraumatiseer.”

Appelgryn sê hulle sien gemiddeld 30, en selfs meer, voorvalle per maand.

“Ek kan met veiligheid sê ons het beslis meer voorvalle gehanteer as verlede jaar, al is dit moeilik om vergelykende statistieke te bekom.”

Dr. Henriëtte van den Berg, senior dosent in die departement sielkunde aan die Universiteit van die Vrystaat, en kenner oor selfmoorde, sê die gebrek aan ’n behoorlik gekoördineerde selfmoordprogram en -register in Suid-Afrika maak dit moeilik om neigings raak te sien en voorkomend op te tree.

“In Engeland is daar die Oxford Suicide Prevention Centre wat nie net navorsing doen oor selfmoord nie, maar ook voorkomingsprogramme het.

“Die hulpbronne in ons land is egter beperk en as dit nie vir nie-regeringsorganisasies is nie, sou hier byna geen hulp vir mense in nood en hul gesinne wees nie.”

Sy sê in die departement van gesondheid se begroting word die minimum aan geestesgesondheid toegeken.

Volgens Van den Berg laat gevalle waarby bekendes betrokke is, soos die skoonpa van Brendan Venter, of ekstreme gevalle soos die vrou wat haarself aan die brand gesteek het, die kollig op selfmoordgevalle val.

“Daar is egter honderde waarvan niemand kennis neem nie, omdat dit nooit die koerante haal nie. Dit kom baie meer algemeen voor as wat mense dink.”

Appelgryn sê hul hospitaal het ’n 24-uur-traumaberadingsdiens wat mense, ook die familie, bystaan.

    * Risiko-gevalle waarna mense moet oplet, sluit in: Ouer mense wat ’n eggenoot verloor deur dood of egskeiding.
    * Mense wat voorheen selfmoord probeer het.
    * ’n Familiegeskiedenis van selfmoord.
    * Vriende of kollegas van iemand wat selfmoord pleeg.
    * ’n Geskiedenis van seksuele, psigiese of emosionele mishandeling.
    * Ongetroude, ongeletterde of werklose mense.
    * Mense met langtermyn-pyn en terminale siektetoestande.
    * Mense geneig tot aggressiewe, impulsiewe gedrag.
    * Mense wat onlangs ontslaan is uit ’n psigiatriese instelling.
    * Mense in beroepe blootgestel aan geweld en trauma.
    * Mense met ’n afhanklikheidsprobleem.
    * Kinders wat nie ’n oop vertrouensverhouding met hul ouers het nie.
    * Mense wat wat onlangs ’n verlies ervaar het, byvoorbeeld finansieel of ’n verhouding.

Appelgryn sê verder daar is bepaalde waarskuwingstekens en simptome waarna ’n mens kan oplet.

    * Oormatige hartseer en/of gemoedswisseling.
    * Skielike kalmte.
    * Onttrekking.
    * Skielike verandering in persoonlikheid en/of voorkoms.
    * Gevaarlike of self-beserende gedrag.) Onlangse trauma of lewenskrisis.
    * Skielike voorbereiding vir die toekoms en afskeidneem van vriende.
    * Dreigemente van selfmoord.

“Die beste manier om selfmoord te voorkom, is om bewus te wees van risikofaktore.

“Raak bewus van tekens van depressie en die verband met selfmoord.

“Die grootste oorsaak van selfmoord is depressie. Major-depressie bring gevoelens van moedeloosheid, hartseer, verlies van energie, negatiewe gedagtes oor jouself, ’n gevoel van hopeloosheid en veranderde slaap- en eet-patroon mee,” sê Appelgryn.

Sy nooi mense om dadelik die nooddienssentrum by 0800-051-051 te bel as hulle onraad vermoed.

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: selfmoord

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

adoons.weber.9 sê... Shhhh Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FIAT

Multipla 1.9 JTD MPV Dsl
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 2.0 Highline
2006
R 129,990.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.