Al meer SA mans laat suig hul boep

2011-03-27 07:56
Tweets Share Share line Print

’n Pens, hangborste, bak-ore.

Vir sommige mense klink dié lysie dalk na ’n beskrywing van die gemiddelde Suid-Afrikaanse man.

Maar dit is ook ’n goeie beskrywing van die ouens wat die meeste geneig sal wees om hulle by ’n plaaslike plastiese chirurg aan te meld.

In sowel die VSA as Suid-Afrika blyk dit al hoe meer lede van die Adamsgeslag laat hulle deur plastiese chirurge verfraai.

Die Amerikaanse vereniging van plastiese chirurge het die afgelope week aangekondig die getal mans wat hulle vir plastiese chirurge se skalpel aanmeld, het verlede jaar met 2% toegeneem en die gewildste prosedures daar is neusoperasies en ooglidverfraaiings.

Liposuiging, borsverkleining en haaroorplanting is in die VSA ook onder die topvyf kosmetiese operasies vir mans.

Dr. Phillip Haeck, voorsitter van die vereniging, het in ’n verklaring gesê dié toename is waarskynlik ’n gevolg van die veroudering van die baby boomer-generasie. “Nie-chirurgiese prosedures soos Botox werk tot op ’n punt, maar dan neem ouderdom en swaartekrag oor en dis nodig om onder die vel in te klim om beduidende verbetering te toon.”

Ook in Suid-Afrika sê plastiese chirurge ydelheid het al genoegsaam onder mans toegeneem dat al hoe meer vir die mooiheid aan hulle laat sny.

Hoewel daar nie hier amptelike syfers is nie, sê dr. Chris Snijman, ’n plastiese chirurg, dat hy al ’n informele studie by sy eie praktyk en dié van kollegas gedoen het. Daaruit blyk dit die gewildste kosmetiese chirurgie onder Suid-Afrikaanse mans is (in dalende volgorde):

1. Liposuiging. Mans meld hul glo meer aan om vet te laat uitsuig as vir enige ander kosmetiese chirurgie. Dit is veral die vet in hul boepens wat só moet waai, hoewel daar volgens Snijman ook dikwels mans is wat hul dubbelken laat wegsuig.

2. Borsverkleining. Ouens wat vind dat hul borste vet en hangerig raak (’n verskynsel wat in allerlei platvloerse terme soos “man-pramme” beskryf word) is die naasgrootste mansgroep in plastiese chirurge se operasiesale.

3. Ooglede. Dit is blykbaar lankal nie meer net vroue wat omgee hoe hul wimpers lyk en of daar plooie oor hul oë hang nie.

4. Gesigoperasies. Baie mans laat lig ook deesdae die wangbene of bring ander veranderinge aan ter wille van ’n meer aanskoulike gelaat.

5. Ore. Dalk is dit van te veel in die skrum sak, maar terwyl oor-operasies oorsee nie eens onder mans se top-tien is nie, is dit plaaslik die vyfde gewildste.

En dit is veral bak-ore wat mans wil laat platstryk.

Volgens Snijman is dit nogal opvallend dat bak-oor-regstellings proporsioneel veel meer volop as oorsee is. “Dit gaan ook maar oor hoe haarstyle verander. Sommige haarstyle laat mans se ore erger uitsteek en dan moet iets daaraan gedoen word.”

- Rapport

Lees meer oor: kan jy glo

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

adoons.weber.9 sê... Shhhh Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FIAT

Multipla 1.9 JTD MPV Dsl
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 2.0 Highline
2006
R 129,990.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.