Al hoe meer wit kinders gaan nie skool

2011-08-04 09:07
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Die getal wit leerders tussen 16 en 18 jaar wat geen onderwysinstellings bywoon nie, het van 2002 van 8,1% van die totaal tot 13,4% in 2009 toegeneem.

Dít is een van die bevindings in ’n verslag wat die departement van basiese onderwys pas uitgereik het.

Die departement het gaan kyk na die bevindings van die algemene huishoudingsopname wat Statistieke Suid-Afrika (SSA) tussen 2002 en 2009 gedoen het en watter impak dit op onderwys in die land het.

Sowat 30 000 huishoudings is by SSA se opname betrek.

Die studie het bevind 98% van alle leerders tussen 7 en 15 jaar het in 2009 skole bygewoon, terwyl dit in die ouderdomsgroep 16 tot 18 jaar tot 83% gedaal het.

In die ouderdomsgroep 16 tot 18 jaar was skoolbywoning in 2009 die laagste (68%) onder bruin leerders, gevolg deur Indiërs op 79,7%.

Die hoofredes wat deur respondente aangevoer is waarom kinders tussen 7 en 18 jaar nie skoolgaan nie, is:) Geen geld vir skoolgeld (28%);) Onderrig is sinloos en oninteressant (15%);) Kan nie op skool presteer nie (7%);) Swangerskap (6%) en Siekte (5%).

Volgens die departement is dit verbasend dat ’n gebrek aan geld vir skoolgeld steeds die hoofrede is, aangesien geen-skoolgeld-skole sedert 2007 ingestel is.

’n Moontlikheid is dat daar ’n vertraging met die instel van die beleid by sekere skole is.

Met verwysing na probleme wat leerders op skool ervaar, het 75% gesê hulle ervaar geen probleme nie.

Probleme wat leerders op skool ervaar, het tussen 2002 en 2009 van 64,7% tot 25% afgeneem.

Die hoofprobleme wat leerders ervaar, is ’n gebrek aan boeke (6%), te hoë skoolgeld (4,4%), te groot klasse (3,6%) en swak geriewe (3,3%).

Die kwessie van vervoer is ook geopper en daar is bevind 77% van leerders loop skool toe, terwyl 7% eie of private vervoer gebruik, 6% minibusse en 3% busse.

In die opname oor geweld by skole het 19% in 2009 geweld ervaar.

Die voorkoms is die hoogste in KwaZulu-Natal (27%), gevolg deur die Oos-kaap (26%) en die Vrystaat (24%).

Tussen Julie 2008 en Julie 2009 is altesaam 71 364 swangerskappe onder leerders aangemeld, met die meeste in KwaZulu-Natal (16 665) en Limpopo (14 464).

Afwesigheid onder leerders is ook ondersoek en in 2009 het 7,4% van leerders aangedui dat hulle ’n week voor die opname afwesig was. Van dié leerders was 47% een dag afwesig.

Die departement het gesê dit is kommerwekkend dat 12% van leerders vir ’n volle week afwesig was. Die hoofredes wat hiervoor aangevoer is, wass siekte (70%), onwilligheid om skool te gaan (10%), slegte weer (5%), eksamens (4%) en huishoudelike take wat voorkeur gekry het (2%).

Daar is ook gekyk na skoolgeld en 48% van die leerders het aangedui dat hulle nie in 2009 enige skoolgeld betaal het nie.

Die meerderheid van leerders wat wel betaal het (32%), het minder as R300 per jaar betaal.

Net 2% van leerders het skoolgeld tussen R 8 001 en R20 000 betaal.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: skole  |  onderwys

Lewer kommentaar op hierdie artikel
95 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

adoons.weber.9 sê... Shhhh Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FIAT

Multipla 1.9 JTD MPV Dsl
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 2.0 Highline
2006
R 129,990.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.