Al-Kaïda het toeriste in Mali ontvoer
2011-12-09 17:59
Bamako, Mali – Al-Kaïda in die Islamitiese Maghreb (AQIM) het verantwoordelikheid aanvaar vir die ontvoerings van toeriste in Mali verlede maand, het die plaaslike media Vrydag berig.
Volgens die Journal du Mali het AQIM in 'n boodskap wat aan die Nouakchott-nuusagentskap in Mauritanië gestuur is gesê hy is verantwoordelik vir die ontvoerings.
Die groep het gesê hulle het twee Franse mans in die sentrale dorp van Hombori, sowel as drie toeriste in Timboektoe ontvoer.
Geen besonderhede is bekend gemaak oor die welstand van die slagoffers nie. Die groep het ook geen inligting bekend gemaak oor 'n Duitse man wat doodgeskiet is toe hy geweier het om saam met gewapende mans in 'n vragmotor te klim nie.
Die vermiste toeriste is 'n Suid-Afrikaner, 'n Nederlander en 'n Sweed.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA