Aktrise het al 'probeer selfmoord pleeg'

2010-08-19 06:49
Tweets Share Share line Print

Dolly Coyne (regs), Coyne se ma, word deur familie en vriende ondersteun (Nasief Manie).

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Burger

Kaapstad - Twee briewe is gisteroggend by die lyk van Fiona Coyne (45), bekende aktrise en TV-aanbieder, in haar huis in Vishoek gevind nadat haar huishulp op haar afgekom het.

Die briewe was aan haar ma, Dolly Coyne, en haar huishulp, Zoleka Shumani, gerig.

Volgens ’n familiewoordvoer, Kee-Leen Irvine, het Coyne vermoedelik selfmoord gepleeg, berig Sapa.

Shumani het omstreeks 08:40 op Coyne se lyk in haar slaapkamer afgekom. Sy het op haar bed gelê.

Shumani het die nooddienste ontbied.

’n Polisiewoordvoerder, kapt. Stephen Knapp, het gister aan Die Burger gesê geen misdaad word vermoed nie. “ ’n Geregtelike doodsondersoek sal gedoen word,” het hy gesê.

’n Betroubare bron het aan Die Burger gesê Coyne het verlede week ook probeer selfmoord pleeg.

Coyne was veral bekend as die spitsvondige aanbieder van die Suid-Afrikaanse weergawe van The Weakest Link, waarin deelnemers gereeld onder haar oënskynlik bitsige kommentaar deurgeloop het.

Sy was ook ’n ervare en gesiene persoonlikheid in die teaterwêreld.

Familie en vriende, onder wie haar broer Charles en haar ma, Dolly, is gister by die huis deur ’n berader ondersteun.

Twee polisievoertuie en ’n nooddiensvoertuig was met Die Burger se besoek buite die huis. Coyne se twee honde was op die perseel.

Coyne se lyk was in ’n bruin kombers toegedraai toe die polisie dit omstreeks 13:55 uit die huis verwyder het.

“Die wêreld is vandag ’n slegter plek sonder haar,” het ’n duidelik ontstelde Charles Coyne gesê. “Sy was ’n merkwaardige en deernisvolle mens.”

Hy het gesê hul broer, Bruce, van Pretoria, is diep geskok oor haar skielike dood.

“Ons wag net totdat hy kalmeer en dan sal ons sy reisplanne uitsorteer.”

Mario Brierava, Coyne se buurman, het gesê haar dood is ’n groot skok.

“Sy was eintlik ’n baie vriendelike mens, glad nie soos sy op The Weakest Link voorgegee het om te wees nie.”

Coyne was 22 jaar lank met Willie Fritz getroud en die paartjie se paaie het sowat agt maande gelede geskei.

Hulle het nie kinders nie.

Volg Nuus24 op Twitter


- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: fiona coyne  |  bekendes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

adoons.weber.9 sê... Shhhh Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FIAT

Multipla 1.9 JTD MPV Dsl
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 2.0 Highline
2006
R 129,990.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.