Agtjarige seun in Kaap vermis
2010-12-16 22:43
Kaapstad - 'n Agtjarige seun van die Oos-Kaap het Donderdag in Delft op die Kaapse Vlakte vermis geraak, het die polisie bekend gemaak.
Luyanda Maxhayi is met vakansie in die Moederstad. Hy het Woensdag verdwyn terwyl hy saam met maats buite 'n familielid se huis in Delft Suid gespeel het.
Sy 35-jarige neef, Nokubonoga Maseti, het Luyanda as vermis aangemeld.
"Die vermiste seun dra 'n grys en wit t-hemp en 'n bruin kortbroek. Aangesien hy van die Oos-Kaap afkomstig is, ken hy glad nie die gebied nie," het 'n woordvoerder vir die polisie, kaptein Joe Wilson, gesê.
Persone met inligting kan die Delft polisie by 021-945-9062 of konstabel Frans by 082-469-6403 skakel.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA