Agtjarige meisie deur broer verkrag
2011-09-20 22:04
Johannesburg – ‘n Agtjarige meisie is verkrag, na bewering deur haar broer, by hul huis in Moloto in Mpumalanga, het die polisie Dinsdag gesê.
Die 23-jarige man het die kind by die kombuis ingesleep toe sy omstreeks 14:00 Maandag van die skool af gekom het, het sers. Nonhlanhla Kgosana gesê.
Die twee was alleen by die huis.
Ná die verkragting het hy weggehardloop en die meisie is terug skool toe. Sy het in die klaskamer begin huil en onderwysers het haar ma gebel. Die meisie het toe verklap wat gebeur het. ‘n Saak van verkragting word ondersoek.
Die broer word steeds gesoek.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA