Agterstand met skole beloop R140 miljard

2010-03-24 06:58
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die agterstand met die bou en opknapping van skole beloop tans R140 miljard en dit sal die regering 20 jaar neem om uit te wis.

Só het Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, Dinsdag in haar begrotingsrede in die Nasionale Vergadering gesê.

Sy het egter bygevoeg dat haar departement gaan probeer put uit die vaardighede en momentum wat die boubedryf gedemonstreer het en wat daartoe gelei het dat die stadions vir die komende Wêreldbeker-sokkertoernooi betyds voltooi is.

“Die departement sal hierdeur probeer om sy eie infrastruktuur-agterstand ook gouer uit te wis,” het sy gesê.

Die departement van basiese onderwys se begroting vir 2010-’11 is R6,2 miljard, waarvan R474 miljoen vir studiebeurse vir voornemende onderwysers gebruik sal word – veral in skaars vakgebiede soos wiskunde en wetenskap.

Motshekga het klem gelê op die R11 miljoen wat bewillig is vir die nuwe eenheid vir onderwyseva­luering en -ontwikkeling (Needu) wat die werkswyse van skole en distrikte sal monitor.

Nog R10 miljoen is opsy gesit vir die jaarlikse toetsing van leerders in gr. 3, gr. 6 en gr. 9 om seker te maak dat leerders oor aanvaarbare vlakke van geletterdheid en syfervaardigheid beskik.

Fatima Chohan, ANC-LP en voorsitter van die portefeuljekomitee oor basiese onderwys, het in reaksie gesê die portefeuljekomitee sal nie swak dissipline van onderwysers duld nie en sal ook nie toelaat dat die departement van onderwys dit duld nie.

“Onderwysers moet betyds wees en hul vakgebied ken en dit moet gemonitor word.”

Junita Kloppers-Lourens, DA-woordvoerder oor onderwys, het haar kommer uitgespreek oor die hoë uitvalkoers van leerders wat volgens haar op 77% geraam word en nie 33% soos wat Mot­shekga vroeër aan die parlement gesê het nie. “Die minister het die uitvalkoers hopeloos onderspeel.”

Alfred Mpontshane van die IVP het sy kommer uitgespreek oor die feit dat die onderwysvakbond Sadou gekant is teen klaskamer-inspeksies. “Klaskamers is tans niks anders as swart bokse nie – niemand weet wat daarbinne aangaan nie.”

James Lorimer, DA-LP, het gesê die departement moet onthou hy is nie daar om onderwysvakbonde se belange te dien nie, maar om onderrig aan kinders te gee. Hy het Motshekga herinner aan haar uitspraak dat onderwyseropleiding nie in skooltyd sal geskied nie terwyl hy weet dit het.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: onderwys  |  skole

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

adoons.weber.9 sê... Shhhh Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FIAT

Multipla 1.9 JTD MPV Dsl
2005
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 2.0 Highline
2006
R 129,990.00

VOLKSWAGEN

Caravelle T4 TDi Highline MPV Dsl
2003
R 189,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.