Agt vas vir R70 000 se onwettige sigarette
2010-11-17 22:26
Bloemfontein – Die polisie het beslag gelê op onwettige sigarette ter waarde van R70 000 in Villiers en agt buitelanders is in hegtenis geneem, het die polisie Woensdag gesê.
Die polisie het ‘n klopjag in Villiers geloods om onwettige handelsoperasies wat die staat jaarliks van duisende rande se onbetaalde doeane-geld “ontneem” te vind, het sers. Philani Mvuna gesê.
Goedkoop sigarette soos Dullahs, Pacific Blue en Remington Gold is van buurlande in Suid-Afrika ingesmokkel.
Agt buitelanders van onder andere Bangladesj en Ethiopië is in hegtenis geneem.
Die mans is vrygelaat nadat hulle boetes vir hul skulderkenning betaal het wat tussen R500 en R3 000 gewissel het.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA