Agt matrieks beseer in ongeluk ná partytjie
2011-12-01 17:56
Johannesburg – Agt matriekleerlinge is Donderdagoggend ernstig beseer toe hul motor naby Wartburg in KwaZulu-Natal omgeslaan het, het paramedici gesê.
“Twee insittendes het ongeveer 500 meter weg van die toneel gelê, terwyl die res naby die wrak was,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911 gesê.
Hy het gesê die leerlinge het van ‘n partytjie teruggekeer. Meer besonderhede was nie onmiddellik beskikbaar nie.
Hulle is in verskeie hospitale in Pietermaritzburg opgeneem.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA