Agt in hof oor steniging
2011-07-01 23:34
Johannesburg – Agt mense, insluitend vier minderjariges, het
in die Seshego Landroshof verskyn op aanklagte dat hulle ‘n Zimbabwiese man in
Seshego gestenig het.
Hulle het die man twee weke gelede in Seshego,
Limpopo, vermoor deur hom met klippe te bestook, het die polisie gesê.
Volgens brigadier Hangwani Mulaudzi is een
persoon Donderdagaand in hegtenis geneem, wat die somtotaal verdagtes na agt
gebring het.
Drie van die minderjariges wat in hegtenis
geneem is, is 17 jaar oud, die vierde is 14 jaar oud.
“Almal is op borgtog van R5000 vrygelaat en
sal na verwagte die 16de Augustus in die hof verskyn.
“Hulle sal die 16de Augustus saam met 12 ander
beskuldigdes, wat voor hulle in hegtenis geneem is, in die hof verskyn,” het
Mulaudzi gesê.
Godfrey Sibanda is sowat twee weke gelede in
Seshego gestenig.
Volgens Mulaudzi gaan die polisie nog
verdagtes in die saak in hegtenis neem.
Volg
Nuus24 op Twitter.