Agt beseer in KZN-ongeluk
2009-11-24 10:15
Johannesburg – Sewe kinders en een volwassene is Dinsdagoggend beseer in ‘n ongeluk in Taylors Halt naby Pietermaritzburg, het KwaZulu-Natal paramedici gesê.
Derick Banks, woordvoerder van ER24, het gesê dat al die kinders, sommige met ernstige beserings, na St. Annes hospitaal in die stad geneem is.
Die bestuurder van ‘n bakkie het glo agter in ‘n taxi vasgery by ‘n kruising op Edendale Pad gedurende piek-verkeer.
- Sapa