Agt bedank uit Cope oor 'diktator Lekota'

2011-08-02 09:09
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Agt ampsdraers van Cope, onder wie Lindeka Liwani, adjunkleier van dié party in die Oos-Kaap, het Maandag uit die party bedank.

In ’n mediaverklaring het die groep telkens na Mosiuoa Lekota, Cope-leier, as ’n diktator verwys en ernstige bewerings teen hom en die party as rede vir hul bedanking aangevoer.

Hulle het beweer salarisse is weerhou van Cope-lede wat Lekota nie as partyleier ondersteun nie en dat ondersteuners van Mbhazima Shilowa, medestigter van die party, valslik van korrupsie beskuldig is in ’n poging om van hulle ontslae te raak.

“Ons het vervolging, lastering, suiwering en vergelding gesien teenoor diegene wat teen die omstrede diktator en voormalige minister van verdediging, Patrick Lekota, standpunt ingeneem het.”

Noziphiwo Jafta, voormalige Cope-sekretaris in die O.R. Tambo-streek en woordvoerder van die groep, het bevestig dat die bedankings finaal en onmiddellik van krag is.

Cope is sedert sy totstandkoming in 2008 gewikkel in ’n leierstryd tussen Lekota en Shilowa wat grootskaalse verdeeldheid in die party veroorsaak het.

Shilowa het verlede jaar ’n hofgeding teen Lekota verloor en die hof het beslis Lekota is Cope se regmatige leier, maar dit het nie ’n einde aan verdeeldheid in die party gebring nie.

Phillip Dexter, nasionale Cope-woordvoerder, het Maandag gesê die lede wat bedank het is deel van die Shilowa-faksie.

“Hulle het geen status binne die party nie.

“Hulle beweer hulle is voorsitters en wat nog, maar hulle is nie. Hulle is aangestel by ’n verkiesingskongres wat weens onreëlmatighede nie deur die party erken word nie,” het Dexter bygevoeg.

Luidens die mediaverklaring beklee die lede wat bedank het posisies van onder meer streeksekretaris, verkiesingskoördineerder en adjunkvoorsitter van Cope se jeugbeweging.

Almal is afkomstig van die O.R. Tambo-streek in die Oos-Kaap.

Prof. André Duvenhage, dosent in politieke wetenskap aan die Noordwes-Universiteit, het gesê as dié bewerings waar is, is dit moontlik ’n strategiese skuif van die Lekota-faksie om die party te suiwer.

“Daar is geen twyfel dat Lekota op die oomblik via regsprosesse die botoon in die magstryd binne die party voer nie, en hy is besig met ’n proses van huis skoonmaak en om sy magsbasis te konsolideer.”

Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: mosiuoa lekota  |  sa politiek  |  cope

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Hoe de hel los ouers 'n kind in 'n toegesluite motor? Kind kon paniek geraak het, wie weet? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa Classic 1.4 Comfort
2003
R 49,995.00

MERCEDES

C200 Elegance AT
1998
R 69,995.00

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.