Agliotti se foonrekord moontlik ‘gedokter’

2010-08-17 07:31
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Johannesburg - Selfoonrekords van Glenn Agliotti wat hy self “deur ’n kontak” in die hande gekry het en wat nie ooreenstem met die amptelike MTN-rekords nie, is Maandag beskryf as moontlik “gedokter” of “vervals”.

Hilda du Plessis, ’n forensiese data-analis van MTN, het in die Suid-Gautengse hooggeregshof getuig selfoonrekords word net gegee as ’n landdros ’n aansoek deur die polisie goedkeur, of deur die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting te gebruik.

Die inligting van Agliotti se kontak is klaarblyklik nie deur een van die twee metodes bekom nie.

Regter Frans Kgomo het die hof vroeg verdaag en Du Plessis huis toe gestuur om Dinsdag vir hom amptelike bewyse te bring dat MTN nét in daardie twee gevalle inligting oor selfoonrekords gee.

Adv. Laurance Hodes SC, vir Agliotti , was besig om in kruisondervraging uit te wys dat Agliotti se eie lys nie ooreenstem met MTN se amptelike lys nie, toe adv. Kholeka Gcaleka, vir die staat, wou weet waar die lys vandaan kom.

Agliotti ontken skuld op aanklagte van moord, poging tot moord en sameswering tot moord op onder andere Brett Kebble.

Terug in die getuiebank het Du Plessis gehou by haar punt dat daar net twee wetlike maniere is om rekords in die hande te kry.

Kgomo wou weet of hy op versoek sy eie volledige rekords van MTN kon kry, en Du Plessis het getuig hy kan nie. Kgomo het die hof verdaag sodat Du Plessis dokumentasie aan die hof kan wys, want “daar is insinuasies dat daar vervalste of gedokterde getuienis voor die hof is”.

Du Plessis het vroeër van haar amptelike rekords af getuig dat daar op 26 September 2005 van omstreeks 20:00 tot 22:30 talle oproepe was tussen Agliotti, Kebble en mnr. Clinton Nassif, die selferkende moordbeplanner.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: glenn agliotti  |  hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Hoe de hel los ouers 'n kind in 'n toegesluite motor? Kind kon paniek geraak het, wie weet? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa Classic 1.4 Comfort
2003
R 49,995.00

MERCEDES

C200 Elegance AT
1998
R 69,995.00

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.