Agliotti lieg glo gereeld

2009-10-14 07:21
Tweets Share Share line Print

Magdel Fourie en Marga Ley

Johannesburg - "Ja, ek lieg van tyd tot tyd,” het Glenn Agliotti gister onder eed in die verhoor van Jackie Selebi, voormalige polisiehoof, erken.

Agliotti, hoofstaatsgetuie, het ná intensiewe kruisverhoor deur adv. Jaap Cilliers SC, namens Selebi, in die hooggeregshof in Johannesburg erken hy sal lieg as dit vir hom geldelike of enige ander voordele inhou.

Dit het gevolg nadat Agliotti toegegee het die inhoud van sy beëdigde verklaring op 4 Januarie 2007 aan die Nasionale Intelligensie-agentskap (NIA) was “slegs gedeeltelik waar”.

Selebi het dié verklaring van Agliotti later gebruik in ’n mislukte poging om die aanklagte teen hom geskrap te kry.

Die oudpolisiehoof het verlede week skuld ontken op aanklagte van korrupsie en dwarsboming van die gereg.

Agliotti het gister getuig hy het in dié verklaring “feite weergegee wat nie 100% korrek is nie”. “Ek het bloot vir hulle (die NIA) gegee wat ek gedink het hulle wou hoor.”

“Was dit om te verseker hulle onderhandel met u, dus om u te bevoordeel?” het Cilliers gevra.

Agliotti het dit erken.

Hy is op 16 November 2006 weens die moord op die mynmagnaat Brett Kebble in hegtenis geneem en byna ’n maand lank aangehou.

Hy het gister toegegee hy het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) ook in ’n verklaring in Desember 2006 “mislei” omdat hy enigiets sou doen om vrygelaat te word.

Cilliers wou by Agliotti weet: “Is daar enige omstandigheid waarin u dan nié sal lieg nie?”

Agliotti het geantwoord: “Daar is gevalle...maar ja, ek lieg. Ek is seker daar is gevalle waarin ek sal lieg selfs al is dit nie tot my voordeel nie. Ja, ek lieg van tyd tot tyd, soos ek seker is ons almal maar doen.”

Cilliers: “Soos u nou daar sit, sê u dat u die beskuldigde nooit omgekoop het nie?”

Agliotti: “Ja. Ek staan daarby.”

Cilliers: “Trek u aantygings terug dat u vir hom geld of geskenke gegee het?”

Agliotti: “Nee, dit sê ek nie. Maar ek het nooit vir enige gunste gevra nie en hy het nooit gunste vir my gedoen nie.”

Vroeër is getuig Agliotti het Selebi sowat $30 000 (sowat R220 000) gegee om te help met die moontlikheid om ’n lasbrief vir die inhegtenisname van mnr. Billy Rautenbach, destyds voortvlugtige voormalige grootbaas van Hyundai in Suid-Afrika, te skrap.

Cilliers: “So nou ontken u dat u die beskuldigde gevra het om mnr. Billy Rautenbach se lasbrief terug te trek?”

Agliotti: “Behalwe dit en ook dat (’n sekere maatskappy) op die kortlys vir ’n regeringskontrak geplaas moet word, het ek hom geen gunste gevra nie.”

Cilliers: “En in albei gevalle het hy niks gedoen om u te help nie?”

Agliotti: “Dis reg.”

Cilliers: “Ons weet in dié stadium nou goed wat u houding teenoor die waarheid is. Die waarheid speel geen rol nie.”

Agliotti: “Reg.”

Agliotti het daarna gesê hy het goed geweet die NVG was agter Selebi aan en dat hy (Agliotti) hul enkele hoofgetuie was. Hy het voorts geweet dit is hoekom hy ’n pleitooreenkoms gekry het toe hy skuld op aanklag van dwelmhandel in ’n internasionale dwelmsmokkelsaak van R250 miljoen beken het.

Weens die opgeskorte tronkstraf wat streeklanddros James van Wyk hom opgelê het, het Agliotti destyds as ’n vry man uit die hof gestap.

“U het dus geweet u hou die sleutel tot die suksesvolle vervolging van Selebi. En u het dit gebruik om ’n geweldig gunstige ooreenkoms met die NVG te beklink,” het Cilliers gesê.

“Ja,” het Agliotti geantwoord.

- Beeld

Lees meer oor: glen agliotti  |  jackie selebi

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Bianca-Anne sê... Hulle doen so. Ongeag kleur of ras - hulle trek altyd op om te veg vir vroue regte. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 160i 5-dr
2003
R 69,990.00

TOYOTA

Auris 2.0 XD 5-dr
2011
R 229,000.00

PEUGEOT

307 XS 2.0 AT 5-dr MY05
2006
R 89,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.