Afwagting oor Zuma se tweede staatsrede

2010-02-10 09:42
Tweets Share Share line Print

Liesl Peyper

Kaapstad - Met alle oë môreaand op pres. Jacob Zuma vir sy tweede staatsrede, is daar gister druk in politieke kringe bespiegel oor of Zuma die geleentheid gaan gebruik om die nasie persoonlik om verskoning te vra oor die herrie wat sy bedsake weer veroorsaak het.

Amptelike woordvoerders het egter ’n digte kleed van geheimhouding oor die toespraak getrek, en wou niks verklap nie.

Prof. André Duvenhage, politieke ontleder aan die Noordwes-universiteit, het na aanleiding van die bohaai wat woed oor Zuma se buite-egtelike kind, gesê die president sal bes moontlik die regering se verbintenis tot die teenvigsveldtog beklemtoon. Dit sal hom ook die geleentheid gee om persoonlik verskoning te vra vir sy gedrag en die skade wat dit die regering se teenvigsbeleid kon berokken.

Oudpres. Nelson Mandela sal môreaand in die parlementêre galery sit wanneer Zuma sy staatsrede lewer.

Vanjaar se parlementsopening en staatsrede word vir die eerste keer in die geskiedenis op ’n Donderdagaand gehou sodat dit saamval met die dag waarop Mandela 20 jaar gelede uit die tronk vrygelaat is.

Zuma sal na verwagting ’n groot deel van sy toespraak wy aan die viering van Mandela se vrylating en wat hy vir versoening in die land beteken het. Daar is ook ’n ander rede vir die Mandela-tema, sê Duvenhage.

“Dit is opmerklik hoe die ANC – veral in krisistye soos tans – hom beroep op die simboliek van Mandela.”

Die binnegevegte in die regerende party en debatte tussen voorstanders van ’n sosiaal-demokratiese ideologie en nasionalisme is simptomaties van die politieke onstabiliteit wat tans heers.

Wat die inhoud van die toespraak betref, meen Duvenhage Zuma sal die ANC se verkiesingsbeloftes, soos die regering se verbintenis tot misdaadbestryding, die uitwissing van armoede, werkskepping en grondhervorming in sy toespraak herhaal.

“Hy sal die regering se omdraai-strategie om plaaslike regerings reg te ruk, uitlig met die oog op die plaaslike verkiesings volgende jaar.”

    * Oudpres. Thabo Mbeki sal nie die staatsrede bywoon nie omdat hy in die buiteland is, maar oudpres. F.W. de Klerk sal wel teenwoordig wees.

- Die Burger

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Hoe de hel los ouers 'n kind in 'n toegesluite motor? Kind kon paniek geraak het, wie weet? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa Classic 1.4 Comfort
2003
R 49,995.00

MERCEDES

C200 Elegance AT
1998
R 69,995.00

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.