'Afrikaners te bang om na SA terug te keer'
2012-02-22 10:10
Johannesburg – ‘n Wit, Afrikaanse familie wil vlugtelingstatus in die VSA hê, omdat hulle "slagoffers van rassisme" sal wees as hulle na Suid-Afrika terugkeer, het The Times berig.
Volgens die berig probeer die familie se prokureur akademici in die VSA oorreed om geloofwaardigheid aan die familie se bewerings te gee.
Die familie wou nie met die koerant praat nie as gevolg van “kommer oor privaatheid en veiligheid,” het hul prokureur, Rehim Babaoglu, gesê.
‘n Akademikus by die Universiteit van Memphis het die versoek verwerp om die “wit, Afrikaanse boere” in hul hofaansoek te help.
“Ek stel nie daarin belang om Afrikaners wat beweer dat daar teen hulle gediskrimineer word in ‘n nie-rassistiese, demokratiese, post-apartheid Suid-Afrika, by te staan nie,” het prof. Mark Behr gesê. Behr is ook ‘n wit Afrikaner.
“In my vakkundige opinie is daar geen basis vir hul bewering nie, wat ook al hul getuienis mag bied.”
Behr het aan die koerant gesê hy dink geen ander akademikus sal hul bewerings ondersteun nie.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA