Afrikaner-boere gesmeek om te bly

2009-10-09 06:26
Tweets Share Share line Print

Sarel van der Walt

Johannesburg - Afrikaner-boere moenie die land verlaat nie.

Die land het hulle nodig, het Tozi Gwanya, direkteur-generaal van landelike ontwikkeling en grondhervorming, gister op Agri SA se kongres in Mulderdrift aan die Wes-Rand gesê.

Hy het gesê sy departement het berigte gelees dat ’n groep Afrikaner-boere deur die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) genooi is om daar te gaan boer.

“Ons pleidooi aan Afrikanerboere is dat hulle hier moet bly. Ons het baie by julle te leer,” het Gwanya gesê.

“Julle hoort ook hier, want julle voorvaders is hier begrawe.”

Die inleiding van sy toespraak was in Afrikaans.

Gwanya het ’n groeteboodskap aan die kongres oorgedra in die plek van Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, wat inderhaas ’n afspraak met adj.pres. Kgalema Motlanthe in Kaapstad moes nakom.

Met verwysing na grondhervorming het Gwanya gesê al die belanghebbendes ­– onder wie grondeienaars (boere) – moet in die proses geken word.

Hy het ’n beroep op die georganiseerde landbou gedoen om met voorstelle te kom oor hoe grondverdeling aangepak moet word.

“Ons het mekaar nodig as ons suksesvol wil wees.

“Net soos ’n lekker sny varsgebakte brood botter nodig het, so het ons mekaar nodig om van landelike ontwikkeling en grondhervorming ’n sukses te maak,” het Gwanya verder in Afrikaans gesê.

- Beeld

Lees meer oor: landbou

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Hoe de hel los ouers 'n kind in 'n toegesluite motor? Kind kon paniek geraak het, wie weet? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa Classic 1.4 Comfort
2003
R 49,995.00

MERCEDES

C200 Elegance AT
1998
R 69,995.00

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.