Afrikaans nog net by 2 universiteite

2010-08-16 08:20
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Paarl – Daar is nog net twee universiteite in Suid-Afrika – die Universiteit Stellenbosch (US) en die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) – waar Afrikaans beskou word as die primêre medium van onderrig.

Al die moontlike word egter gedoen om gesprekke te voer met die toepaslike ministers sowel as met hierdie en ander universiteite, soos die Universiteit van Pretoria en die Universiteit van die Vrystaat, oor die behoud van Afrikaans as onderrigtaal.

Só het prof. Wannie Carstens, voorsitter van die Afrikaanse Taalraad (ATR) en ook lid van die raad van die US, Vrydagaand gesê by die jaarlikse Marie Luttig-gedenklesing van die historiese Hugenote Gedenkskool in Dal Josafat tussen die Paarl en Wellington.

Volgens Carstens sou die raad van die US die naweek opnuut besin oor die taalbedeling aan die universiteit. Hy het die vertroue uitgespreek dat dit groter duidelikheid oor die pad vorentoe sal bring.

Die fel stryd vroeër vanjaar met die verkiesing van die nuwe US-raadslede is ’n goeie aanduiding van die waarde wat oudstudente van die universiteit heg aan die behoud van Stellenbosch as ’n Afrikaanse universiteit.

Hy het gesê in die proses wat gelei het tot die stigting van die ATR in 2008, is reeds in 2003 gesprekke op informele vlak met universiteite gevoer om die klimaat te vestig vir ’n organisasie soos die ATR. “Ná die totstandkoming van die ATR is reeds by twee geleenthede in 2009 gesprekke met die US gevoer omdat die ATR bekommerd is oor die pad wat dié universiteit met Afrikaans wil loop.

“Telkens is versekerings gegee dat daar nie planne is om Afrikaans aan die US af te skaal nie. Daar is aangedui dat Afrikaans ’n vaste rol aan die US het, maar dat dit met die behoeftes van die sprekers van ander tale, onder meer Engels, gebalanseer moet word.

“’n Mens kry soms die gevoel dat die taaldebat by plekke soos Stellenbosch teen Afrikaans gedraai het.”

Carstens het gesê die plan om ministers te teiken, was nie baie suksesvol nie. “Dit is nie dat daar nie pogings was om die betrokke ministers te gaan spreek nie. Die probleem is dat ’n mens op ’n versoek vir ’n gesprek, nie reaksie van die betrokke ministers se kantore kry nie.”

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: afrikaans  |  taal  |  universiteite

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Hoe de hel los ouers 'n kind in 'n toegesluite motor? Kind kon paniek geraak het, wie weet? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa Classic 1.4 Comfort
2003
R 49,995.00

MERCEDES

C200 Elegance AT
1998
R 69,995.00

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.