Afrikaans is dood... vir staat

2012-02-02 06:56
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Afrikaans se status as amptelike taal waarin na­sionale staatsdepartemente sake doen, is in die gedrang as die jongste weergawe van die Wetsontwerp op Suid-Afrikaanse Tale aanvaar word.

Selfs in provinsies waar dié taal hoofsaaklik deur inwoners gepraat word, soos die Wes-Kaap en Noord-Kaap, sal nasionale staatsdepartemente drie tale moet gebruik – waarvan twee voorheen benadeelde Afrikatale moet wees.

Dit beteken die staatsdepartement moet tussen Afrikaans en Engels kies om naas twee benadeelde Afrikatale te gebruik.

In die oorgangsgrondwet is bepaal dat geen taal se posisie swakker mag wees as wat dit tevore was nie, maar daardie bepaling is nie in die Grondwet van 1996 opgeneem nie.

Die wetsontwerp is nog nie gefinaliseer nie. Dit word nog deur die parlementêre portefeuljekomitee oor kuns en kultuur gedebatteer en die DA het gister aangedui dat hy regsadvies hieroor gaan inwin.

“Ek is oortuig daarvan dat dit nie die grondwetlike toets sal slaag nie. Geen taal kan uitgesluit word nie,” het dr. Annelie Lotriet, DA-LP, gesê.

Sy het gesê Afrikaans kan deur dié klousule uit die taalbeleid uitgeskryf word. “Die taal wat deur die meeste inwoners in ’n provinsie gepraat word, kan uitgesluit word as departemente Engels as die verstektaal kies. Dit is kommerwekkend.”

Thandi Sunduza, ANC-voorsitter van die komitee wat al verskeie kere haar irritasie uitgespreek het oor staatsdepartemente wat hoofsaaklik Engels gebruik terwyl net 8% van die bevolking Engels-eerstetaalsprekers is, het gesê: “So wat doen ons nou met Afrikaans? Ons wil juis ook probeer om ons ander Afrikatale te bevorder.”

Net twee provinsiale regerings, die Wes-Kaap en Limpopo, het hul eie taalwette.

Sibusiso Xaba, direkteur-generaal van kuns en kultuur, het gesê staatsdepartemente kan ingevolge die wetsontwerp meer as die minimum van drie tale gebruik. Afrikaans kan maklik so hierby ingesluit word.

Prof. Danny Titus, voorsitter van die ATKV, het gesê: “’n Mens kan nie net die regte van mense wegneem nie. Dit sou dwaas wees.”

Die komitee vergader weer op 15Februarie om die wetsontwerp verder te debatteer.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: taal

Lewer kommentaar op hierdie artikel
119 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Cosatu, seg wie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Technical Consultant/Developer – ISV

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R300000 - R550000

Senior Solutions Architect for Mining

Gauteng, South Africa
Hi-Tech Recruitment CC
Market Related

Bid Controller

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Hilux 2.7 Raider LWB VVT-i RB PU MY05
2007
R 184,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.