AfriForum wil self Malema ondersoek

2011-08-26 09:00
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Die burgerregte-organisasie AfriForum het sy eie ondersoekeenheid van stapel gestuur om korrupsie en ander misdade te ondersoek.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof, en Nantes Kelder, hoof van gemeenskapsveiligheid van AfriForum, het Donderdag ook aangekondig die ondersoekeenheid se eerste saak van belang is die beweerde tenderbedrog van Julius Malema, ANC-jeug­leier.

Kelder het voorheen as ’n speurder by die polisie en in die spesiale ondersoekspan van die nasionale direkteur van openbare vervolging en ook by die Regulerende Owerheid vir die Private Sekuriteitsbedryf gewerk. Hy is die hoof van die ondersoekeenheid.

Dit sal veral fokus op gevalle waar korrupsie met belastingbetalersgeld gepleeg word, asook gevalle waar die polisie nie hul ondersoekpligte nakom nie.

Die eenheid sal ook op kontrakbasis gebruik maak van die dienste van ’n wye reeks forensiese spesialiste regoor die land.

Volgens Kelder beplan die eenheid ook om private vervolgings in te stel in sake waar die staat weier om verdagtes te vervolg, al is daar genoegsame bewyse vir vervolging.

“Die vervolgings sal eers oorweeg word as die ondersoek wys dat daar ’n prima facie-saak is.

“Private vervolging is die laaste uitweg, wat slegs gevolg sal word indien die polisie en Nasionale Vervolgingsgesag nie hul verpligtinge nakom nie,” het Kelder gesê.

Kriel het gesê die eenheid is nodig omdat die lede van die publiek AfriForum toenemend begin nader het met inligting oor korrupsie in die regering en klagtes van laksheid en magsmisbruik deur lede van die polisie.

Die eenheid is volgens hom nie gestig om die polisie se rol oor te neem nie, maar eerder om ’n aanvullende rol te speel en saam met die polisie te werk.

Kelder het gesê die bewyse wat sy eenheid in misdaadondersoeke bekom, sal aan die polisie oorhandig word om by te dra tot die suksesvolle vervolging van oortreders.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: julius malema  |  afriforum

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Hoe de hel los ouers 'n kind in 'n toegesluite motor? Kind kon paniek geraak het, wie weet? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa Classic 1.4 Comfort
2003
R 49,995.00

MERCEDES

C200 Elegance AT
1998
R 69,995.00

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.