AfriForum sleep Zim hof toe

2010-01-13 17:43
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die hooggeregshof in Pretoria het Woensdag toestemming aan AfriForum gegee om namens drie Zimbabwiese boere voort te gaan met 'n regsproses teen die regering van Zimbabwe.

Afriforum eis dat 'n beslissing deur die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) aangaande grondeise in Zimbabwe afdwing word.

Die SAOG het in November 2008 beslis dat die grondhervormingsproses van pres. Robert Mugabe onwettig en rassisties is.

Die organisasie het gelas dat vergoeding aan boere betaal moet word wat reeds onteien is, asook dat boere wat nog op hulle plase is, met rus gelaat moet word.

Sedert die bevinding het plaasbesetters egter met hulle aksies voortgegaan, het Afriforum Woensdag in 'n verklaring gesê.

Een boer, Michael Campbell, is wreed aangerand en van sy plaas verdryf.

'n Ander, Louis Fick, is ook van sy plaas verdryf en staar strafregtelike vervolging in die gesig omdat hy nie dadelik gehoor gegee het aan kennisgewings om sy grond te verlaat nie.

AfriForum sê ook die Zimbabwiese regering het sy grondgrypprogram intussen verskerp.

Die Zimbabwiese regeringswoordvoerder, Temba Mliswa, het die afgelope naweek in die Zimbabwiese Sunday Mail aangedui dat sy regering daartoe verbind is om alle wit boere uit Zimbabwe te sit.

Volgens AfriForum se prokureur, Willie Spies, lyk dit of die Zimbabwiese regering sy veldtog teen wit boere en Suid-Afrikaanse burgers in die land verskerp het ná die ondertekening van 'n ooreenkoms vir die bevordering en beskerming van wedersydse beleggings (BIPPA) wat in November tussen Suid-Afrika en Zimbabwe onderteken is.

AfriForum moet op 23 Februarie 2010 weer in die hooggeregshof verskyn met die aansoek om die registrasie en afdwinging van die SAOG-tribunaal se bevindinge in Suid-Afrika.

- Nuus24

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: afriforum  |  zimbabwe  |  plaasaanvalle

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Cosatu, seg wie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Hilux 2.7 Raider LWB VVT-i RB PU MY05
2007
R 184,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.