Afgevaardigdes aanvaar Zuma se boodskap
2010-09-23 18:01
Durban – Meer as 2000 ANC-afgevaardigdes het Donderdag by die hoofraadsvergadering president Jacob Zuma se politieke verslag aanvaar.
Die afgevaardigdes het Zuma se politieke verslag, sekretaris-generaal Gwede Mantashe se organisatoriese verslag en tesourier-generaal Matthews Phosa se finansiële verslag eenparig aanvaar, het Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, aan joernaliste vertel.
Zuma het in Maandag se politieke verslag oor die swak dissipline binne die ANC-jeugliga gepraat en die gespanne verhouding wat hulle met die heersende alliansie het, genoem.
Die ANC-jeugliga was na bewering nie gelukkig met die president se stellings nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA