Afgedankte Manyi wil glo terugkom

2010-11-07 14:15
Tweets Share Share line Print

Rapport

Gerugte loop dik in die departement van arbeid dat Jimmy Manyi, die afgedankte direkteur-generaal, sy werk wil terughê.

Manyi, wat ook voorsitter is van die Black Management Forum (BMF), is bekend om sy voorkeur vir die behoud van rasgebaseerde regstellende aksie. Hy is vroeër vanjaar geskors deur Membathisi Mdladlana, minister van arbeid, nadat die Noorse ambassadeur in Suid-Afrika ernstige klagtes oor sy gedrag by die Suid-Afrikaanse regering ingedien het.

Luidens ’n berig in koerante van die Independent-groep het die departement van arbeid bevestig Mdladlana het Manyi verlede week afgedank.

Dit het geblyk een van Mdladlana se laaste handelinge as ’n minister te wees; hy is verlede Sondag uit sy amp onthef.

Mdladlana, ’n sterk ondersteuner van oudpres. Thabo Mbeki in die vroeëre magstryd tussen Zuma en Mbeki, is vervang deur Mildred Oliphant.

Die DA het onmiddellik in sy reaksie op Mdladlana se afdanking by monde van Ian Ollis gesê hy hoop nie die ware rede vir die afdanking is om die weg vir Manyi se terugkeer te baan nie.

Nou word in arbeidskringe gesê dis nie die laaste sien van die blikkantien nie.

Manyi het sterk bande met die rasnasionalistiese deel van die ANC, en is na aan die nuut aangestelde minister van sport en ontspanning.

Fikile Mbalula was Julius Malema se voorganger in die ANC-jeugliga en daar word verwag dat hy Gwede Mantashe in 2012 sal uitdaag om hom as sekretaris-generaal van die ANC te vervang.

Gerugte is dat hy die ANC-poging sal moet organiseer om Kaapstad van die DA af te neem in die plaaslike verkiesing in 2011. 

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Hoe de hel los ouers 'n kind in 'n toegesluite motor? Kind kon paniek geraak het, wie weet? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa Classic 1.4 Comfort
2003
R 49,995.00

MERCEDES

C200 Elegance AT
1998
R 69,995.00

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.