Advertensie oor dronkry maak opslae

2010-12-19 11:12
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Menseregtegroepe en vigs-aktiviste is ontsteld oor ’n drankvervaardiger se advertensieveldtog teen dronkbestuur omdat hulle meen alle gevangenes word daarin as verkragters uitgebeeld.

Die groepe dreig nou om ’n klag by die gesagsliggaam vir reklamestandaarde (GRS) in te dien oor Brandhouse Beverage se advertensieveldtog.

Dit kom nadat die regering in die afgelope week gedreig het om alle drankreklame te verbied in ’n poging om dronkbestuur te beveg.

Die Brandhouse-advertensie beeld 15 gevangenes in ’n tronksel uit met die boodskap: “Hulle wil jou baie graag ontmoet. Moet nooit dronk bestuur nie.”

“Die advertensie is in swak smaak en uiters onverantwoordelik,” sê Deena Bosch van die vigsaktivistegroep Treatment Ac­tion Campaign (TAC).

“Dit wek die indruk dat alle gevangenes verkragters is en dat mense wat in die tronk beland geen regte het nie. Die onderliggende boodskap is dat gevangenes verdien wat na hul kant toe kom,” sê sy.

Bernadette Muthien van Engender, ’n Wes-Kaapse organisasie wat hom beywer vir die bemagtiging van gemeenskappe en oor geslagskwessies, stem saam.

“Al die stereotipes word in die advertensies uitgebeeld en dit spreek glad nie tot vroue wat ook dronk bestuur nie.”

Verkragting in tronke is ’n baie ernstige probleem, sê Dean Peacock van die Sonke Gender Justice-menseregtegroep.

“Dit is daarom uiters onverantwoordelik om dit lighartig en as skoktaktiek in ’n advertensie te gebruik. Dit is onaanvaarbaar,” sê hy.

Brandhouse sê in ’n verklaring die advertensie is ’n poging om mense te waarsku teen die moontlike gevolge van dronkbestuur - jy kan tronk toe gaan.

Volgens Brandhouse is op die tronk-advertensie besluit nadat 88% van 1500 mense wat aan ’n News24-peiling deelgeneem het, gesê het hul vrees vir tronkstraf moedig hulle aan om nie te drink en te bestuur nie.

Intussen het dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, en Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, Woensdag aangekondig dat die regering drastiese nuwe wetgewing vir volgende jaar beplan om alkoholmisbruik te probeer hokslaan.

Dit sluit in:

* Motorbestuurders kan verbied word om enige alkohol te gebruik voordat hulle bestuur. Dit sal dan onwettig wees om met enige alkohol in jou bloed te bestuur.

* Drankadvertensies kan dieselfde pad loop as sigaretadvertensies - dus, ’n verbod op alle drankadvertensies en drankbemarkingsveldtogte. Dit sluit in sport- en ander borgskappe.

* ’n Moratorium op enige nuwe dranklisensies. Geen nuwe kroeë sal dan oopgemaak kan word nie en nuwe re­stau­ran­te sal geen alkohol mag bedien nie.

Brandhouse en SAB sê hulle sal die regering se pogings teenstaan om drankadvertensies te verbied. Hulle sal aanhou om verantwoordelike drankgebruik te bevorder.

- Rapport

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Niekie sê... ONNOSEL! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa Classic 1.4 Comfort
2003
R 49,995.00

MERCEDES

C200 Elegance AT
1998
R 69,995.00

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.