Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Adv. Barbie wil buite bydrae lewer

2012-02-20 07:05
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Cézanne Visser, oftewel advokaat Barbie, glo sy sal buite die tronk ’n baie beter bydrae tot die samelewing kan maak.

“Sy wil baie graag weer ’n positiewe bydrae tot die samelewing kan maak, eerder as om die belastingbetaler te bly geld kos,” het dr. Llewellyn Curlewis, Visser se regsverteenwoordiger, Sondag gesê.

Dít kom nadat Curlewis bekend gemaak het die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste (DKD), Tom Moyane, het ’n aansoek ingedien om die res van Visser (34) se gevangenisstraf in korrektiewe toesig omgeskakel te kry.

Dít beteken Visser kan binnekort vrygelaat word om die res van haar vonnis in huisarres uit te dien.

“Sy is versigtig optimisties oor die nuus. Sy hoop dat dit sal gebeur, maar plaas nie al haar hoop daarop nie, omdat dit naïef sal wees,” het Curlewis gesê.

Curlewis het voorts gesê hy en Visser gaan nou alles in hul vermoë doen om die aansoek te ondersteun.

Visser het reeds bykans twee jaar van haar tronkstraf van sewe jaar weens onder meer die onsedelike aanranding van jong meisies uitgedien.

Curlewis het gesê verskeie redes, insluitend waarskynlik die huidige oorbevolking van die land se tronke, sou ’n rol gespeel het in die besluit om Visser as ’n kandidaat vir vonnisomskakeling te oorweeg.

“Haar goeie gedrag in die tronk sou beslis ook ’n baie groot rol gespeel het. Sy is volledig gerehabiliteer en was tot dusver sonder twyfel ’n modelgevangene,” het hy gesê.

Visser het verlede jaar ’n groot rol gespeel om ’n modeparade en ’n Mej. Valentyns-kompetisie vir die vroue in die Pretoriase vrouegevangenis te reël.

Haar ma, Susan Lemmer, was by dié kompetisie ’n beoordelaar.

Lemmer kon nie Sondag vir kommentaar bereik word nie.

Curlewis het gesê dit kan enigiets van ’n maand tot twee jaar neem vir die DKD om te besluit of Visser wél op korrektiewe toesig vrygelaat moet word.

“Hulle sal nou moet vasstel of sy ’n permanente adres, vaste werk en genoegsame ondersteuning sal hê as sy vrygelaat sou word en daar sal natuurlik insette gekry word van haar slagoffers en hul ouers ook,” het Curlewis gesê.

“Al daardie prosesse gaan nou eers begin. Tot dusver is ons slegs in kennis gestel dat sy as ’n kandidaat oorweeg word.

“Ons gaan alles doen om te sorg dat die aansoek goedgekeur word.”

Visser is destyds op 11 aanklagte van onder meer die maak van onsedelike voorstelle aan minderjariges om onsedelike dade te pleeg, onsedelike aanranding en die besit en vervaardiging van kinderpornografie skuldig bevind.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: cezanne visser
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
26 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Tommy Simpson sê... Ek wonder of die perdevye weer vannaand op is....my kommentaar het soos blits verdwyn... Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R350000

Operations Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
R500000 - R600000

Group Financial Manager

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R650000 - R700000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.