Adv. Barbie skuldig bevind

2009-10-07 13:29
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Die voormalige advokaat, Cézanne Visser, is in die Pretoriase hooggeregshof skuldig bevind op 11 van die 14 aanklagte teen haar.

Waarnemende regter Chris Eksteen het bevind dat Visser 'n gewillige maat was in die seksuele mishandeling van drie jong meisies van 'n kinderhuis en drie ander jong vroue.

Visser het skuld ontken op 14 klagtes van bedrog, onsedelike voorstelle aan minderjariges om onsedelike dade te pleeg, onsedelike aanranding, verkragting, besit en vervaardiging van kinderpornografie en die besit van dagga.

Sy is daaraan skuldig bevind dat sy die kinderhuis bedrieg het om voor te gee sy en haar voormalige minnaar, Dirk Prinsloo, getroud is om sodoende die kinders die naweek by hulle te laat deurbring.

Sy is verder skuldig bevind op 3 klagtes dat sy 'n 15-jarige meisie gevra het om onsedelike dade te pleeg en die onsedelike aanranding van 'n 11- en 14-jarige meisie en twee ander vroue.

Visser is ook skuldig bevind op aanklag van besit en vervaardiging van kinderpornografie.

Die regter het bevind dat Visser 'n aktiewe deelname gehad het in seksuele aktiwiteite by Prinsloo se huis.

“Die hof het bevind dat die beskuldigde nou vir gerieflikheidshalwe agter die aksies van Dirk Prinsloo wil skuil om haar eie optredes en dade te regverdig,” het Eksteen, in sy uitspraak gesê.

Hy het gevind dat dit onwaarskynlik is dat sy nie haarself versoen het met haar voormalige minnaar se modus operandi om slagoffers te bedwelm en hulle dan seksueel te misbruik nie.

Dit was ook onwaarskynlik dat sy drie jong meisies by ‘n kinderhuis gaan haal het en nié geweet het dat Prinsloo hulle seksueel wil misbruik nie.

Sy beweer dat Prinsloo, wat tans in ‘n Russiese tronk is, haar soos ‘n pop gemanipuleer het en dat sy slegs sy bevele uitgevoer het.

Eksteen het gesê dat as sy nie ‘n wil van haar eie gehad het nie, sou sy nie ernstig met Prinsloo baklei het, om verskoning aan een van die jong meisie gevra het, alle aanbiedinge van hulp om van hom af weg te kom verwerp het en vals verklarings onder eed gemaak het om hom te beskerm nie.

Die verhoor is tot 8 Desember uitgestel sodat die staat en die verdediging verdere verslae kan kry.

Visser se borgtog van R5000 is verleng.

– Sapa

 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: cezanne visser  |  hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Niekie sê... ONNOSEL! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa Classic 1.4 Comfort
2003
R 49,995.00

MERCEDES

C200 Elegance AT
1998
R 69,995.00

NISSAN

Hardbody 3300i V6 D-Cab Hi-Rider PU
2005
R 149,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.