Adv. Barbie kry 7 jaar tronkstraf
2010-02-24 11:59
Pretoria - Die veroordeelde seksmisdadiger Cézanne Visser is sewe jaar tronkstraf in die Noord-Gautengse hooggeregshof opgelê.
Visser is verlede jaar aan ’n reeks seksmisdade met kinderhuismeisies en jong vroue skuldig bevind.
Waarnemende regter Chris Eksteen het verlede jaar bevind dat Visser 'n gewillige maat was in die seksuele mishandeling van drie jong meisies van 'n kinderhuis en drie ander jong vroue.
Haar voormalige minnaar Dirk Prinsloo dien 13 jaar tronkstraf in Belarus, Rusland uit ná 'n mislukte bankrooftog.
– Nuus24