Adv. Barbie korrektiewe toesig geweier
2012-10-11 18:01
Johannesburg – Die Hoërhof in Pretoria het Cezanne Visser se aansoek om onder korrektiewe toesig vrygelaat te word, geweier, het die Gautengse departement van korrektiewe dienste Donderdag in 'n verklaring gesê.
Visser, wat ook bekendstaan as "advokaat Barbie", het 'n dringende aansoek voor die hof gebring om haar oorblywende vonnis na korrektiewe toesig om te skakel.
Sy is in 2009 skuldig bevind op aanklagte van kindermishandeling en tot sewe jaar tronkstraf gevonnis.
Die hof het Woensdag ten gunste van die departement bevind en die saak met koste van die hand gewys.
"Dit beteken dat die oortreder sal voortgaan met haar tronkstraf by die Pretoria-Sentraal-gevangenis," het die departement gesê.
Visser se prokureur, Llewellyn Curlewiss, het vroeër vanjaar aan Rapport gesê haar vrylating onder korrektiewe dienste is deur die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste (DKD), Tom Moyane, aanbeveel.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA